Accommodation at Leeupoort

Learn more about the available self-catering vacation chalets at Leeupoort. More »

Leeupoort News

News, Blogs and Messages from the community at Leeupoort. More »

Tourism Attractions

Learn more about Tourism Attractions and Destinations near the Leeupoort area. More »

 

Tweebeen Bobbejaan

Bobbejaan 3
Die bobbejane van Leeupoort VakansieDorp loop in `n trop en kuier orals om kos te soek. Hulle is `n oorlas was `n mens kan nie `n venster of deur ooplos nie want hulle keer die huis om op soek na iets om te eet. Van hulle is al so slim dat hulle `n yskasdeur oopmaak en dan die yskas leegmaak.
Hierdie bobbejaanwyfie stap orals op Leeupoort rond asof met vakansie en dit nogal op haar agterpote. Sy het blykbaar iewers aan elektriese kabels getorring en gevolglik haar hande afgebrand. Sy het gesond geword

sonder enige mediese hulp omdat sy vir almal gevlug het. Sy sorg vir haarself omdat haar agterpote die werk van haar hande doen. Sy kan selfs boomklim met daardie stompies van haar. Haar toestand lyk baie goed want baie inwoners gee vir haar kos om te eet. Sy loop tussen die huise rond en sy loop ook meestal saam met die trop. Wanneer sy pateties teen die skuifdeur se glas druk en die inwoners van nader bekyk kan jy nie anders nie as om vir haar om te gee. Waar mense in die stitkamer sit het sy ook al saam met hulle op die rusbank kom sit en almal bekyk. Haar geaardheid maak die mense se harte sag en die mense wat daar vakansie hou sal dit ondervind.

Spesiale Njalabul op Leeupoort VakansieDorp.

Njala swart en rooi bulleSPESIALE ROOI NJALABUL – Die bul en die ooi se kleur verskil asook hul grootte. By die klein wildsoorte word hulle ramme en ooie genoem en die groter wildsoorte word weer bulle en koeie genoem. Die njala is die middel van de twee groepe en die mannetjie is die bul omdat hy heelwat groter is as die wyfie en die wyfie word die ooi genoem. Die kleur van die bulle verskil baie van die van die ooie.
Njalas is aanpasbaar in klein kampies en dit maak hulle baie gesog vir boerdery. Hulle is blaar- en grasvreters en hulle word baie mak. Hulle is `n groot aantrekkngskrag vir toeriste- kyk byvoorbeeld hoe die mense die njalas van Leeupoort geniet.
Hulle stap tussen die huise rond op soek na iets om te vreet.
Op Leeupoort Vakansiedorp het ons die uitsonderlike bul wat nie donker van kleur is soos die gewone njalabul nie. Hierdie bul word die rooi njalabul genoem.

Die vee-arts wat hierdie bul “gedart” het en gemerk het met `n oorplaatjie het hom ook ondersoek en bevind dat hierdie bul nie kan voortplant nie. Dit kom baie selde voor dat daar so `n groot verskil van kleur tussen njalabulle kan wees. Hierdie njalabul met sy pragtige trofee en buitengewone kleur is menige buitelandse jagter se droom.

Bolletjies Rol – Miskruier

MISKRUIER – 20140926_175935MIS word vir baie doeleindes deur die miskruier gebruik. Die insek eet dit en lê eiers daarin. Die wyfie miskruier lê dan die eiers binne in die bolletjie. Die klein miskruiertjie vreet die bolletjie van binne af.
Party mannetjies sal ’n groot stuk daarvan vir ’n miskruierwyfie aanbied, in die hoop om haar te beïndruk. Wanneer daar vars mis is, is daar groot mededinging. Hulle kom binne `n kort tydjie van verskillende rigtings om te deel aan die koek. Party soorte miskruiers rol die mis in `n bol en rol dit dan van die groot mishoop af weg en begrawe dit elders op `n sagte plek.

Die miskruier rol sy bol in ’n reguit lyn, want dit is die vinnigste manier om weg te kom en verminder die moontlikheid dat ander miskruiers die bol sal afvat.
Die vermoë van miskruiers om mis ondergrond te begrawe is een van hul belangrikste eienskappe. Dit lei tot beter grondvrugbaarheid en hou vlieëgetalle onder beheer. Die waarde van `n miskruier is enorm. Sou daar nie miskruiers gewees het nie wat sou van al die mis geword het. Die sowat 14 miljoen beeste in Suid Afrika lewer 180 miljoen ton beesmis per jaar op en dan is daar nog die groot hoeveelheid skape en die wildediere. • Miskruiers wissel in grootte van 1mm tot 70mm en daar is meer as 600 verskillende miskruierspesies in Suid-Afrika. Hulle kom in ‘n wye verskeidenheid van kleure voor. Op Leeupoort is daar `n paar soorte.
In 1970 is miskruiers van Suid-Afrika na Australië uitgevoer omdat die gifstowwe die grootste gedeelte van hul miskruiers uitgeroei het.
Die sonkappies bokant die miskruier se oë help om die melkweg vir navigasie te gebruik. Hulle geweeg eers rondom die bol voor hulle `n koers inslaan- reguit na die bestemming.

Boeremusiekfees Leeupoort Vakansiedorp


Boeremusiekfees 16 trekkelv 6.9.2014 3BOEREMUSIEKFEES. Dit was deur Pieter en Reina Bodenstein van die Boeremusiekgilde tak van Leeupoort aangebied.
Die fees was `n fees der feeste!!!
Die gesamentlike braai Vrydagaand het afgeskop met die eerste boeremusiek aanbiedinge.
Saterdag oggend om 9uur het die eerste optredes van die 31 boereorkeste plaasgevind en elke 20 minute het die volgende orkes sy buiging gemaak. Lieb Bester, Professor van Villa Rosa, het ook met sy orkes sy buiging gemaak.
Op `n stadium het daar 16 trekklaviere gelyktydig opgetree.
Vanaf 9uur, Saterdag , tot 10uur die aand was daar gedans dat die stof staan. Van kinders van 15 jaar tot grootoupa en grootouma het hulle op die dansvloer uitgeleef.
Orkeste het sover as Port Elizaheth gekom. Drie skoolorkes het

ook opgetree. Kosie, heel voor op foto, wat ses jaar oud is het ook saam met `n groep opgetree en sy konsertina het die woord gespreek. Hy het voorheen ook op TV opgetree.
Die fees is Sondag- oggend om 9uur afgesluit deur Dr. Tim Jooste met `n besielende boodskap oor positiwiteit.

Gebande Muishonde vinnig soos Weerlig

Gebande Muishondjies

GEBANDE MUISHONDJIES. Hierdie vakansiedorp se gebande muishondjies, party ouens op Leeupoort noem hulle ook meerkatte, het hul eie gewoontes. Hulle maak fyn piep geluide sodat hulle in hoorafstand van mekaar kan bly. Hierdie wilde diertjies is bruin met strepe dwars oor hulle rue.

Hulle leef saam in `n kolonie en die hele groep beweeg die heel dag as `n groep saam. Die diertjies slaap in gate in die grond wat effe groter is as muisgate. Hulle ondertrou nie- `n natuurwonder . Hulle is op `n jaar geslagsryp en teel tweekeer per jaar en hul dragtyd is twee maande. Hulle drink nie water nie want hulle kry genoeg vog uit die goeters wat hulle vreet.

Bosveld Zebras

Zebra

ZEBRA – Die zebras op Leeupoort is die gewone zebras. Die kwagga is `n sub-spesie van die gewone zebra. Die hings maak vir hom `n harem van merries bymekaar. Die eerste merrie is die alpha merrie en die nuutste merrie staan die laaste in die ry. Die reun verdryf die ander reuns sodat hy die merries net vir homself het. So `n harem kan vir jare stabiel bly. Wanner `n zebra op sy gemak is staan sy ore regop. Wanneer gespanne staan sy ore vorentoe en wanneer hy kwaad is wys sy ore agtertoe.