Monthly Archives: October 2014

Tweebeen Bobbejaan

Tweebeen Bobbejaan

BOBBEJAAN – Die bobbejane van Leeupoort Vakansiedorp loop in `n trop en kuier orals om kos te soek. Hulle is eintlik `n oorlas want mens kan nie `n venster of deur oop los nie, anders keer hulle die huis om op soek na iets om te vreet. Van hulle is al so slim dat hulle `n yskasdeur oopmaak en dan die yskas leegmaak.

‘n Uitsonderlike bobbejaanwyfie op Leeupoort stap oral op haar agterpote rond asof sy met vakansie is.

Spesiale Njalabul op Leeupoort Vakansiedorp

Rooi Njalai-bul

SPESIALE ROOI NJALABUL – Die Njala-bul en Njala-ooi se kleur en hul grootte verskil. Onder die kleiner wildsoorte word manlike diere “ramme” en vroulike diere “ooie” genoem; terwyl “bulle” en “koeie” vir groter wildsoorte gebruik word om die diere se geslag aan te dui. Die njala is die middel van de twee groepe. Daar word na die manlike dier as ‘n “bul” verwys, omdat hy heelwat groter is as die vroulike dier, wat ‘n “ooi” genoem word.