Monthly Archives: May 2016

Leeupoort: Erika 44

Naam van Eenheid: Erika 44A

Hierdie netjiese goed ingerigte 4-slaapkamer selfhelp chalet bied jou die gemak waarvan vakansiegangers droom om behoorlik te kan ontspan in die Bosveld en natuur.

Met die skoon bosveld-lug is dit `n ervaring om saans sterre te kyk en die satelliete te sien verby gly oor die horison. `n Heerlike braaiplek waar jy saans kan ontspan en lekker kuier is beskikbaar.

Leeupoort: Kalossie 1428

Naam van Eenheid: Kalossie 1428

Dit is die ondervinding van `n leeftyd om die stilte en rustigheid van hierdie chalet te ervaar. Vier slaapkamers met 3 badkamers op leeupoort te ervaar waar die wild en voëls vir jou kom kuier by die braaiplek agter die eenheid. Kom en ondervind die besondere gevoel waarna jy beslis terug sal verlang en waarna jy gewis sal terugkeer. Die buitengewone mak wild is `n kenmerk van hierdie wildreservaat.

Vlakvark: Stert in die Lug

NATUURRESERVAAT – Hierdie is seker een van die lelikste diere op aarde. Sy kop met sy klein ogies, vratte aan die kante van sy kop, die stokkies hare, lang tande wat by sy bek uitsteek en sy kop wat feitlik die helfte van sy lyf uitmaak, laat `n ou wonder hoekom hy so lelik lyk.

Wanneer `n vlakvark staan of loop hang sy stert maar wanneer hy draf of hardloop is die stert penregop. Dit is dieselfde met die klein vlakkies. Waar daar gevreet word staan die groot vark sowel die kleintjies op hul knieë.

Leeupoort: Dahlia 817

Naam van Eenheid: Dahlia 817

‘n Paradys geleë binne ‘n natuurreservaat op Leeupoort waar die diere vrylik tussen die eenhede wei. Wildkykers kan vanuit hul voertuie of per voet tussen die huise asook in die reservaat hul gaan verlustig wat op Leeupoort aangaan.

Hierdie 3-slaapkamer chalet bied volle selfsorg fasiliteite sodat jy heerlik, gemaklik en gerieflik jou eie ding kan doen waarvoor jy lus voel. Die kinders baljaar so lekker buite dat hulle nie vir ete in die chalet wil kom nie.

Leeupoort: Energie Oplossings

LEEUPOORT NUUS – Kragdag 2016 vind vanjaar van 16 tot 18 Junie 2016 plaas by Diamandvallei Landgoed net buite Pretoria.

Daar gaan onder andere seminare gehou word oor energie-oplossings. Windkrag en sonkrag is van die skoonste maniere van kragopwekking wat onderneem kan word.

Windkrag en sonkrag kan gekombineer word wat jou geheel en al onafhanklik van elektrisiteit kan maak.