Monthly Archives: September 2016

Leeupoort: Fees der Feeste

26 Boeremusiekorkeste het die fees bygewoon en opgetree waarvan 3 Junior orkeste was.

10 September 2016 sal vir lank onthou word vir sy groot aantal besoekers wat van oor die land op Leeupoort kom feesvier het en die optredes kom geniet het. Pieter Bodenstein van Leeupoort het nou vir die 9de agtereenvolgende jaar sedert die oprigting van die Boeremusiek-monument die aktiwiteiteite ge-kordineer.

 

Kosie Beukes, tans 8 jaar oud, was lid van een van die junior orkeste. Kosie speel tans 13 musiekinstrumente. Kosie speel die konsertina voor hom asook agter sy rug.   Vir sy ouderdomsgroep 8 tot 10 jaar is Kosie as die beste Instrumentalis op die wereld kampioenskappe in die VSA aangewys.

Vir die mense wat nie weet nie – Jy kry die tradisionele en moderne Boereorkeste. Die tradisionele orkeste speel net die instrumente wat nie elektronies is nie. Rustenburg se tradisionele orkes was uitgenooi om op die laaste KKNK te gaan optree en die luisteraars was gaande oor die pragtige musiek en van die ouens het sommer begin dans. Rustenburg se tradisionele orkes het drie konsertinas en al drie speel verskillend.

Saterdag het daar `n senior volkspelegroep opgetree met pragtige volkspele uitrustings wat waarlik kleurvol was.

Daar was ook 15 ekone vereer met sertifikate vir hul jare lange betrokkenheid by Boeremusiek. Dit was mense van 70 jaar en ouer was en betrokke is en was wat tans en voorheen hier op Leeupoort opgetree het.

Verder het oud en jonk Saterdag oggend tot 10 uur die aand net gedans en gedans.

Die besoekers het ook die mak wild van Leeupoort terdee geniet.

Sondag-oggend was daar `n erediens wat ook opgeneem was deur die media.

 

Leeupoort: Grysbekneushoringvoël in kas.

Met sy skril fluitgeroep verskil die grysbek se geroep drasties van dié van die geelbek en rooibek wat weer dieselfde klink.

Leeupoort is gelukkig om al drie hierdie soorte neushoringvoëls te kan hê. Hulle bly redelik uit mekaar se pad. Op Leeupoort is `n inwoner wat die broeikaste maak en daar is `n hele klompie inwoners wat kaste aangeskaf het en by die huise aan bome aangebring het. Hierdie kaste se ingang moet in `n sekere rigting aangebring word en die grootte en hoogte is ook `n faktor.

By Ifafa 732 is daar so `n kas aangebring en die afgelope paar jaar broei die grysbekke elke Desember daar gereeld.

Desember-vakansies is die inwoners en besoekers gelukkig om die broeiproses dop te kan hou. Nadat die wyfie klaar eiers gelê het messel sy haarself binne die nes toe met slegs `n klein gleufie waardeur sy kos gevoer word. Die mannetjie dra vir haar kos aan. Dit is van sprinkane, ander goggas tot afval kos. Wanneer die mannetjie die nes nader hoor jy die fluitgeluid en die wyfie sit gereed met haar bek se punt wat by die gleufie uitsteek. Sy wag dan dat sy gevoer kan word.

Sodra die kleintjies uitgebroei is sal sy die gleuf oop pik na buite gaan en die gleuf weer herstel tot net `n gleufie waardeur sy en die mannetjie die kleintjies saam voer. Hulle hou aan voer totdat die kleintjies se vere uitgegroei is en wanneer die eerste kleintjie die nes ooppik sal die gleufie weer herstel word. Die volgende kleintjie sal die nes ook verlaat sodra sy vere reg is om te kan vlieg.