Monthly Archives: August 2017

Leeupoort: IT`S TIME!

`n Boer het in sy bakkie gery en op `n video sy kommer oor die toestand in die land uitgespreek en gevra dat iets gedoen word. By die huis het hy dit op internet afgelaai en gebid. Toe hy sy oë oopmaak , was daar `n oproep uit Australië waar iemand dit al gesien het. Angus Buchan het die oproep ook gehoor en toe daaroor gebid.

“Its Time!” het Angus in sy hart gehoor en dit wyd bekend gemaak. `n Miljoen biddende mense byeen op een plek!  In die middel van Suid Afrika. Vir Suid Afrika! Dit moet binne ses weke wees! “Prakties onmoontlik!”

 

het mense gemeen. Dit het dan `n jaar geneem om `n byeenkoms te Loftus vir 70,000 mense te reel. En hierdie keer is dit op `n plaas met geen fasiliteite nie. Angus se ondersteuningspan en die omgewing se boere spring aan die gang.

 “Kollektes! “ skreeu dit toe op die internet. Maar daar was ook niks van nie. Snaakse profete op Facebook.

Ander het weer groot ongelukke voorspel. Ons het egter `n buitegewone lekker en rustige heen- en weerrit sonder ongelukke, jaagduiwels of padvarke ervaar.

“Daar gaan reuserommelstrooiing deur `n miljoen mense wees,” is geprofeteer. Maar op pad terug na ons voertuie toe het ons nie eers `n lekkergoedpapiertjie op die grond bespeur nie. Na die massas se vertrek was al sewentien plase skoon. Die doemprofete was oor alles verkeerd.

Daar was mense van Brasilië, VSA, Namibië, Persiese Golf, Leeupoort  en ander plekke. Daar was mense te perd, fiets en dapper en stapper maar almal het gekom.

Gebede is verhoor.

Leeupoort: Rooiberg Bewaria

The Waterberg Mountain Range is one of Limpopo`s major mountain ranges. The Waterberg Bewaria operates within the borders of the designated aerea, protecting and conserving a unique and delicate storehouse of biological diversity. Rooiberg Bewaria is an initiative of a group of private individuals in the Rooiberg District, 80 km west from Bela Bela nearby Leeupoort Holiday Town. The purpose of the non-profit organization is the protection and safekeeping of our fauna and flora, with a specific

 

focus on the protection of our rhino population. The sustainability can only be achieved through the commitment of all the stakeholders, with no exception. Success will only be achieved if everyone gets on board, from national to local government, to local businesses, communities, and anyone living in the area. as well as visitors to the area.
The aim is to promote:
Environmental protection
Well-considered planning of land use
Fire protection
Maintenance of roads
Eco tourism
Social stability.

Leeupoort: Wysheid in die Wolke

Aangeleerde gedrag kan mens so effens begryp, maar die instinkding is en bly `n enigma, `n raaisel,`n knoop wat niemand nog kon losmaak nie. 

In `n eksperiment is daar `n paar geslagte lank verskeie vinkspesies ( noen hulle maar wewers) in hokke geteel sonder dat daar geskikte material, soos grashalms, vir hulle gegee is om hul neste mee te bou.   Ander “geskikte” neste is deur die voëls gebruik om in te broei. Na vele geslagte is daar toe weer vir die nageslag geleentheid gegee om op hulle besonderse

 

wyse hulle neste te bou, of kom ons së maar te weef. Sonder dat hulle ooit sulke neste of vakmanskap gesien het, het die nuwe geslag onmiddelik vinkneste begin bou, so goed en met dieselfde argitektuur en variasies wat eie is aan hulle besondere spesie. Leeupoort kan getuig van die ywerige vinke wat hierdie natuurreservaat versier.

( Uittreksel met vergunning van bospatrys.co.za geskryf deur Chris Conradie )