Articles Comments

Headline

Leeupoort: In Die Bos

Leeupoort natuurreservaat het sowat 40 spesies inheemse bome wat `n geweldige verskeidenheid is vir een plaas. Op Ifafa 732 se perseel is daar 21 spesies bome alleen. Wanneer jy so op Leeupoort tussen die inheemse bome deur ry en jy let mooi daarop sal jy sien hoe verskeie soorte bome gegroepeer is. Die tambotie bome is `n goeie voorbeeld daarvan. Die wilde diere en voëls benut die blare en vrugte van al die inheemse bome. Die voëls hou ook daarvan om in die inheemse bome te sit. Ons het `n uitheemse boom gehad wat ons uitgehaal het. Willie het die boom as uitheems ge-identifiseer. Ons het gesien dat die voëls nie in die boom sit nie en die wilde diere vreet ook nie die blare nie omdat dit `n … Read entire article »

Latest

Leeupoort: Accommodation

Ifafa 732 consists of a 3 bedroom ( 2 bathrooms ) chalet with an enjoyable braai. Enjoy a self catering chalet during a break away weekend. See for yourself the game roaming around on the lawn between the houses and chalets in Leeupoort. See also the info about the other chalets under “accommodation” in this blog. Kindly contact Reina ( 082 490 7692 ) for specials outside holidays. Leeupoort accommodation greetings, Christo Share with Friends - Deel met Vriende … Read entire article »

Leeupoort: Winskopie vir Verblyf

Dit is nie aldag dat mens ware winskopies kry nie, veral waar dit akkommodaise aangaan. Persone wat vir akkommodasie bespreek en dit is vir vier nagte of langer kry hulle een nag gratis. Baie wild loop tussen die chalets rond. Kontak Reina 082 490 7692. Share with Friends - Deel met Vriende … Read entire article »

Afrikaans Welkom

Hartlik welkom ook aan al die Afrikaans Sprekendes. Ons is self ook Afrikaansasprekend en dit is vir ons aangenaam om ook in Afrikaans met u te kommunikeer. Ons wil Leeupoort egter ook internasionaal bekend stel wat dan die gebruik van Engels vereis. U sal merk dat ons Webtuiste dan ook in geheel in Afrikaans en Engels beskikbaar is, spesiaal vir u. Ons hoor graag van u en raak skoon opgewonde indien ons dan ook met taalgenote kan kommunikeer. Akkommodasie groete Christo Share with Friends - Deel met Vriende … Read entire article »

Leeupoort: Boomkyk

Leeupoort het `n groot verskeidenheid wilde bome. Daar is min plekke in ons land waar daar so `n groot verskeidenhied is wat op een plaas in die natuur groei en dit maak boomkyk `n groot plesier.. By Ifafapaadjie 732, Leeupoort, het Philip du Plessis en sy mede Dendrologiese Vereniging-span 21 verskillende bome gemerk. Ons is opgewonde daaroor want ons het nooit kon dink dat ons so `n groot verskeidenhied bome het nie. Ons plaas ook artikels van Philip op die blog van beskrywings van die bome wat hulle gemerk het. Daar moet daarop gelet word dat daar `n paar uitsonderlike bome op Leeupoort is wat rekords is. Nou moet `n ou net daardie artikel saam met `n kaart … Read entire article »

Leeupoort: Website Comments

To our Website visitors Here we welcome your suggestions and comments about our website. You need to register and login to leave a comment here. Please keep it constructive. Christo Share with Friends - Deel met Vriende … Read entire article »

Aktiwiteite: Leeuloop op Leeupoort

Daar is heelwat aktiwiteite waaraan besoekers te Leeupoort kan deelneem, maar as u nou regtig nie weet wat om te doen nie, probeer dan die ‘Leeuloop’. Vodacom se advertensie verduidelik die Leeuloop in kort. Waar anders as Leeupoort se Natuur Reservaat wil jy die Leeuloop probeer? Pasop net vir toeriste sodat hulle nie skrik en ‘n video van jou Leeu-lopery op die Internet plaas nie. Hier volg die Robbie Wessels se eie video van die Leeuloop indien jy die Leeuloop-storie nog nie so lekker verstaan nie. Afrikaans is darem lekker en Afrikaners is nogsteeds plesierig. Share with Friends - Deel met Vriende … Read entire article »

Leeupoort: Bosveld Miskruier

Terwyl ons by Ifafa 732 se braaiplek by die kole sit sien ons twee miskruiers wat bolletjies rooibok mis bymekaar hark met die voorpote en dan omskep in een groot bol om weg te rol. Die bolletjie word na `n geskikte plek gerol en dan begrawe. Die wyfie miskruier lê dan die eiers binne in die bolletjie. Die klein miskruiertjie eet die bolletjie van binne af. Die groot en klein miskruier se dieet bestaan uit dieremis van diere wat hoofsaaklik gras vreet. Die natuur in die bosveld is wonderlik met al die wondere wat `n ou gadeslaan in Leeupoort vakansiedorp se natuurreservaat. Hierdie boomryke reservaat met die groot aantal wild is elke natuurliefhebber se droom. … Read entire article »

Leeupoort: Tranquillity in the Bushveld

Leeupoort is only 2 hours drive from Pretoria. Leeupoort lends itself perfectly for leisurely walks, game viewing and bird watching or simply kick back, relax, sit next to the swimming pool, star, gaze or enjoy the tranquillity of the flames of the braai. The rooms, at Ifafa 732, as well as the kitchen are well equipped for six/8 people. Dishwasher, TV, Aircon. Enjoy the game around the chalet. The children will enjoy the buschveld with their bicycles. Accommodation greetings, Christo Share with Friends - Deel met Vriende … Read entire article »

Leeupoort: Rustigheid van die bosveld

Verlede naweek was dit baie rustig en stil op Leeupoort want dit is nog nie skoolvakansie nie. Die vorige vakansie het dit net te lekker gegaan met al die jong mense wat baljaar het. Namiddae kon jy nie anders as om `n vleisie op die kole te gooi nie en die het kom kuier want die rustigheid lok hulle.Die weer was uitstekend. Om 8 uur saans met die stilte, die uil wat roep en die fisant wat so nou en dan `n skree gee asook die nagapies wat onverwags kom kuier en die klein stukkies kaas kom eet voel dit of `n ou nooit jou kan wegbreek van Leeupoort nie. Die rustige gekletter van die … Read entire article »

Leeupoort: DSTV

Indien dit noodsaaklik is dat jy DSTV moet kyk kan jy jou eie dekodeerder met kaart en remote saambring na Ifafa 732 op Leeupoort. Indien jy dit by die huis vergeet het kan ons `n plan maak teen `n geringe fooi. Jy moet eers die wild geniet voor die TV oorneem. Ek gaan eerder wild of voëls kyk want TV kyk ek elke dag by die huis. Behalwe natuurlik as dit rugby tyd is ǃ Geniet die bosveld. Akkommodasie groete, Christo Share with Friends - Deel met Vriende … Read entire article »

Leeupoort: Bosveld Vakansie Dorp

Die chalets op Leeupoort is in klein groepies gebou sodat dit die bosveld admosfeer behou. In total is daar ongeveer 700 erwe bebou waarvan sowat 500 permanent bewoon word. Wanneer jy wegbreek en hier op Leeupoort kom uitspan sal jy nie agterkom dat hier soveel mense woon nie want dit is baie stil en rustig. Die chalets is meestal goed toegerus en kompakt gebou met genoeg ruimte. Van hulle kan met gemak tot 8 persone huisves. Party, soos Ifafa 732, is toegerus met `n skottelgoedwasser, DSTV, swembad, braaifasiliteite en lugreelings en dit maak die lewe vir `n mens nog meer gemaklik sodat jy jou wegbreek kan geniet. Die ander behuising is onder hul name beskikbaar op … Read entire article »

Blog Comments

To our Blog visitors Here we welcome your suggestions and comments about this Blog and Leeupoort. You need to register and login to leave your comment. Please keep it constructive as it is our goal to improve this Blog for your benefit. Christo Share with Friends - Deel met Vriende … Read entire article »

Leeupoort: Uil Projek

Leeupoort se inwoners het 6 nonnetjie-uile, wat met die hand grootgemaak is, van Thabazimbi Animal Rescue ontvang vir hervestiging op Leeupoort Vakansie Dorp. Die uile is losgelaat en van die inwoners sien hulle van tyd tot tyd. Een is dood voor hulle losgelaat is. Groter hokke is gebou en van die uile het daar ingetrek. Hulle pas maklik aan maar dan moet hulle nie verjaag word nie. `n Ernstige beroep word op mense gedoen om nie rottegif uit te sit nie. Dit kan die hervestiging van uile, sowel as die plaaslike uil bevolking, geweldig benadeel sou die uile die karkasse van die vergiftigde rotte en muise eet. Uile vreet elke nag `n groot aantal rotte op … Read entire article »

Switch to our mobile site