Category Archives: Nature Reserve

Leeupoort: Wysheid in die Wolke

Aangeleerde gedrag kan mens so effens begryp, maar die instinkding is en bly `n enigma, `n raaisel,`n knoop wat niemand nog kon losmaak nie. 

In `n eksperiment is daar `n paar geslagte lank verskeie vinkspesies ( noen hulle maar wewers) in hokke geteel sonder dat daar geskikte material, soos grashalms, vir hulle gegee is om hul neste mee te bou.   Ander “geskikte” neste is deur die voëls gebruik om in te broei. Na vele geslagte is daar toe weer vir die nageslag geleentheid gegee om op hulle besonderse

 

wyse hulle neste te bou, of kom ons së maar te weef. Sonder dat hulle ooit sulke neste of vakmanskap gesien het, het die nuwe geslag onmiddelik vinkneste begin bou, so goed en met dieselfde argitektuur en variasies wat eie is aan hulle besondere spesie. Leeupoort kan getuig van die ywerige vinke wat hierdie natuurreservaat versier.

( Uittreksel met vergunning van bospatrys.co.za geskryf deur Chris Conradie )

Leeupoort: Springboontjie

Veral in die somer spring hierdie boontjie wat op die grond geval het onder die bome rond wat te eienaardig is    

Die insekte, `n wurm, kruip in die vrug en later binne in die pit en dit is dan dat die vrug van die boom afval met die wurm daarbinne. Sodra die wurm warm kry wil hy uitklim en dit is wanneer dit lyk of die pit spring.

Die tambotieboom is een van die bome wat baie eienskappe het. Hierdie boom is beskermd en mag nie

 

ge-oes word nie. Slegs met `n permit van Natuurbewaring mag jy droeë hout verwyder uit die veld. Die hout is baie hard, lig van kleur met donker vlekke en pragtige meubels kan daarvan gemaak word. Die melksap is giftig en wanneer jy met daardie hout vuurmaak om te braai het jy beslis `n ombekrapte maag wat jou baie siek maak. Die wild op Leeupoort is baie keer tesiene by die tambotiesbome waar hulle die blare vreet.  

Een van die drie grootste gemete spesies in die land kan besigtig word op Leeupoort Vakansiedorp by die piekniekplek waar oorblyfsels van `n ou ossewa ook te siene is.

Leeupoort: Broeigedrag van Voëls

Alfa broeigedrag kom voor by groep- of familievoëls waar daar een broeipaar is (alfa mannetjie en wyfie vermoedelik die oudste wyfie.)

By sommige groepe broei slegs die wyfie terwyl die res van die familie verantwoordelik is vir die aandra van kos en later die versorging van die kuikens nadat dit uitgebroei is. Dit is komies om te sien as daar `n jongeling tussen die groep  is hoe hy/sy met oorgawe sy vlerkies fladder en kla en die hele groep dra kos aan. Hulle kom in groepe van 5  tot 10 voor. Meeste van die groepe bestaan uit voëls wat familie van mekaar is, dit sluit dus die vorige jare se broeisel in. Hierdie groepe is gedurig met mekaar in verbinding deurdat hulle onophoudelik met mekaar kommunikeer met tipiese geluide.

 

Die Langstertlaksmanne, van onder andere Leeupoort, kom in klein swerms van tussen 5 en 10  voëls in die bosveld voor waar hulle opsigtelik op die top van `n sytak of boom sit en ook langs die paaie op drade en pale. Hulle is insekvreters en ons almal ken hulle kenmerkende roep wat soos “tilodi” klink. Vandaar ook sy Tswana naam.Hier funksioneer `n alfa mannetjie en wyfie. Die mannetjie en helpers dra kos aan vir die wyfie terwyl sy op die nes sit en roep vir kos soos `n klein voëltjie.

( Geplaas met vergunning van Die Bospatrys – Nuusblad van Leeupoort en omgewing ( www.bospatrys.co.za )

Leeupoort: Lag en Klets Gesamentlik

Wanneer jy nou praat van saam en deurmekaar praat of babbel dan praat jy nou van katlagters.  Partykeer gebeur dit mos ook so met mense!!

Nou die dag terwyl ons so agter die huis op Leeupoort Vakansiedorp  by die braaiplek, es, sit kom daar `n kolonie katlagters met `n lawaai aan en so vinnng as wat hulle met `n basuim daar aangekom het stop die gekletter en begin hulle tussen die blare en takkies rondsoek na kos soos goggatjies. Elkeen gesels saggies terwyl hulle met hulle bekkies orals  rond skrop vir die kossies.

Vernaam so laat agtermiddag sit hulle baie keer in `n ry op `n takkie styf teenmekaar waar party mekaar skoon pik van parasiete.

Leeupoort: Wanneer Die Son Sak Hoor Jy Hom

Sodra die son op Leeupoort sak en jy sit buite by die vuurtjie in die bosveld hoor jy die skril geskree van die fisante wat die bome opsoek om te gaan slaap.. Hulle slaap sommer tussen die huise in die groot bome.
Sodra een skree hoor jy die antwoord van die ander fisante wat elders ook die bome bestyg. Party van hulle hou tot na sononder aan met hul skril geskree
Party mense verwar die fisant met die patrys. Die fisant is grotes en donkergrys met rooi bene en rooi pote en hulle word die Natalse Fisant

genoem. Die patrys is heelwat ligter van kleur en ook kleiner en ligte grys van kleur.
Hulle vreet saadjies en hulle vreet ook goggas wat hulle uitskrop tussen die blare van die bome. Soms skrop hulle tussen die wildsbokke se mis vir saadjies. Jy moet die fisante dophou wanneer hulle pik en dan sal jy waarneem hoe vining hulle kan pik om die saadjies te kan vreet.
Hierdie voëls lê hul eiers onder die bossies waar die wyfie en mannetjie die eiers uitbroei. Die gebande muishonde is seker hul grootste vyand wat die gebande muishonde snuffel die eiers uit en vreet dit op met die gevolg dat die fisante met moeite hul kuikens groot kry.