Category Archives: Videos

Leeupoort: Energie Oplossings

Windpomp

LEEUPOORT NUUS – Kragdag 2016 vind vanjaar van 16 tot 18 Junie 2016 plaas by Diamandvallei Landgoed net buite Pretoria.

Daar gaan onder andere seminare gehou word oor energie-oplossings. Windkrag en sonkrag is van die skoonste maniere van kragopwekking wat onderneem kan word.

Windkrag en sonkrag kan gekombineer word wat jou geheel en al onafhanklik van elektrisiteit kan maak.

Leeupoort: Termiete Vreet Kombuiskas Op

Termiete 640x480

NATUUR – Termiete bestaan uit die wyfie koningin wat die grootste van al die termiete is, die mannetjie koning wat kleiner as die koningin is, die werkers wat daaglikse roetine take verrig soos die soek van kos, skoonmaak, versorging, bou en herstelwerk aan die termietnes, en laastens die soldate wat die neste verdedig.

‘n Koningin termiet word so dik soos `n varkworsie en sy kan ook nie rondloop nie. Sy is vol eiers en haar uitsluitlike doel is om te teel

Aktiwiteite: Leeuloop op Leeupoort

Robbie Wessels 640x480

LEEULOOP – Daar is heelwat aktiwiteite waaraan besoekers te Leeupoort kan deelneem, maar as u nou regtig nie weet wat om te doen nie, probeer dan die ‘Leeuloop’. Die volgende advertensie verduidelik die Leeuloop in kort.

Waar anders as Leeupoort se Natuur Reservaat wil jy die Leeuloop probeer? Pasop net vir toeriste sodat hulle nie skrik en ‘n video van jou Leeu-lopery op die Internet plaas nie. Hier volg die Robbie Wessels se eie video van die Leeuloop indien jy die Leeuloop-storie nog nie so lekker verstaan nie.