Kragonderbrekings

KRAGONDERBREKINGS – Het jy al ooit by die huis gekom nadat jy weg was, en opgemerk dat jou digitale horlosies flikker met die verkeerde tyd? Jy besef gou dat daar ‘n kragonderbreking was, maar dit is feitlik onmoontlik om te bepaal wanneer dit plaasgevind het of hoe lank dit geduur het. Dit is dus ook onmoontlik om vas te stel of die kos in jou vrieskas dalk ontdooi het, begin bederf het, en dan weer gevries is. Of is dit? Hierdie truuk kan jou help om te weet of kos sleg geword het en net gevries het, en of dit bevrore gebly het

terwyl jy weg was. Sit ‘n koppie water in jou vrieskas. Vries dit heeltemal, sit dan ‘n muntstuk bo op en los dit in jou vrieskas.
Op dié manier sal jy kan sê of die inhoud van die vrieskas na ‘n kragonderbreking bevrore gebly het: As die muntstuk tot onder in die die beker gesak het, beteken dit die kos het ontdooi en sal jy moet oorweeg om daarvan ontslae te raak. Maar as die muntstuk óf bo op, of selfs in die middel van die beker is, behoort jou kos nog veilig te wees. Die algemene maatstaf bly maar dat jy gemaklik moet voel oor jou bevrore voorraad en dit veilig te speel. Gooi dit dus eerder weg as om kanse te vat.

Uittreksel uit SAVA Sosiale Dienste – Feb 2017