Leeupoort: Energie Oplossings

Windpomp

LEEUPOORT NUUS – Kragdag 2016 vind vanjaar van 16 tot 18 Junie 2016 plaas by Diamandvallei Landgoed net buite Pretoria.

Daar gaan onder andere seminare gehou word oor energie-oplossings. Windkrag en sonkrag is van die skoonste maniere van kragopwekking wat onderneem kan word.

Windkrag en sonkrag kan gekombineer word wat jou geheel en al onafhanklik van elektrisiteit kan maak. Daar is reeds inwoners op Leeupoort wat sonkrag inspan want dit is `n omgewing waar dit heerlik warm word met lang sonskyndae.

Die video hierna deur eNCA is geneem te Cullinan op 27 Junie 2015 tydens ‘n vorige Kragdag-ekspo.

Vir verdere besonderhede besoek gerus Kragdag se webtuiste.

Related News | Verwante Nuus