Plekkie om Stil te raak in die Bos op Leeupoort

STILRAAK IN DIE BOS – Daar is baie vakansiedorpe en ontspanningsplekke in ons provinsie en ons land, maar daar is net een Leeupoort.

Leeupoort Vakansiedorp wat vir elke inwoner en die besoeker lafenis bied, rustigheid van die gejaagde lewe bring en ontlading van die spanning en druk by die werk sodat jy tot verhaal kan kom. Mag jou battery hier in die bos behoorlik gelaai word.

`n Plek in die bos waar jy, jou mense en vriende regtig kan stil raak en in die pragtige natuur by Die Kruis jou hart kan uitstort aan ons Hemelse Vader.

Die bome, bosse, wild, voëls en die wonderlike vriendelike mense maak hierdie plek uniek. Johan Koekemoer het met `n wonderlike idee gekom en die inwoners is verheug daaroor. Van waar jy by die kleinbokkie-kampie kan stilhou tot by die Stilteplekkie is sowat 100 meter.

Dit is `n stil plekkie met bankies tussen die bome by `n watergat waar die wild en voëls `n rustige atmosfeer skep vir jou stiltetyd.

Min vakansieoorde kan met so `n plekkie spog. Groot dank aan ons Hemelse Vader dat so `n rustige plekkie op Leeupoort aangebring kon word. Mag die Here elkeen wat hierdie plekkie besoek seën.

Baie dankie Johan.
(Pieter Bodenstein)