Tag Archives: Accommodation

Leeupoort: Heath 26

Naam van Eenheid: Heath 26

‘n Gerieflike huis met ‘n aangename atmosfeer geleë aan die westekant van Leeupoort teen die Blinkwaterspruit, ‘n ekodorp met ‘n unieke karakter, geleë binne ‘n natuurreservaat.  Dit is aan die einde van ‘n doodloopstraat geleë met volop diere wat vry tussen die huise rondbeweeg.  Kom ontspan onder reuse tambotie-bome en geniet die ryke voëllewe en ‘n pragtige uitsig op die Boshoffberge.

Leeupoort: Disa 345

Naam van Eenheid: Disa 345

Wil jy regtig ontspan en wegbreek van die daaglikse spanning? Dan moet jy Leeupoort Vakansiedorp gesoek waar die wild orals tussen die chalets rondloop en waar die bosvark en nagapie jou saans by die braaiplek opsoek.

Geniet die heerlike rustigheid om die braaivleis ampvuur waar jy kort kort `n stompie op die kole kan gooi.

Leeupoort: Tinktinkie 639

Naam van Eenheid: Tintinkie 639 (Vergenoeg Woonstel)

Hierdie gerieflike 2 slaapkamer chalet op Leeupoort is beskikbaar aan Bosveld-vakansiegangers, pasgetroudes op wittebrood, of pensionarisse wat kleiner maar gerieflike fasiliteite verlang teen baie bekostigbare tariewe.

Besoekers kan op hul eie heerlik gaan stap of fiets ry om die reservaat te verken en die pragtige bosveld met wild en voëls te geniet.

Leeupoort: Ifafa 732

Naam van Eenheid: Ifafa 732

Dis `n belewenis om Leeupoort te besoek; tuis te gaan in hierdie netjiese en gerieflike 3 slaapkamer chalet, een slaapkamer ensute, in `n wildreservaat met ‘n unieke atmosfeer. Die wild loop tussen die huise rond, die voëls maak jou soggens wakker en jy kan ontspan onder die bome.

Dit is ‘n veilige omgewing en jy kan met ‘n geruste hart hierdie wonderlike natuur ervaar saam met jou kinders en familie.

Leeupoort: Angelica 1738

Naam van Eenheid: Angelica 1738

Hierdie pragtige 4 slaapkamer chalet op Leeupoort is beskikbaar aan Bosveld-vakansiegangers wat al die geriewe van ‘n eie woonhuis verlang, maar teen ‘n baie bekostigbare vakansie tarief. Hierdie eenheid is ook geskik vir klein besigheid werksessies of spanboue, waar daar bietjie kop gekrap kan word in die natuur, weg van ‘n besige kantoor en talle onderbrekings.