Tag Archives: Bos

Leeupoort: Beesstert Potjie

Dis net op Leeupoort waar jy in die bos naby die stad en in die rustigheid van die natuur lekker rustig kan ontspan vergeet van die spanning daardoer in die stad.

Om 12 uur Saterdag middag het Henry en sy seun Stiaan begin om die beesstert vir die potjie in orde te kry. Daar gaan `n heerlike potjie voorberei word.

Dis rustig en die twee vlakvarke lê daar in die koelte van die swarthaakboompie  en slaap en die njalabul staan en kyk wat daar aangaan en of daar nie so ietsie vir hom ook kan wees nie.

Die sekelboshout begin vlamvat en die stoele word reggesit sodat `n ou heerlik rustig om die vuur te kan sit met jou voete op die randjie van die es waarop die  vuur gemaak word.

Die kinders baljaar in en om die sundowner swembad en langsaan word die potjie rustig in orde gekry. Die beestert-stukke word eers in die driebeen-swartpot gebraai om dit te seël . Die gebruik is om die kosse wat langer vat om gaar te word eerste in die pot te sit, aangaan met die kook en die groente en wat gouer gaar word word eers heelwat later in die pot geplaas. Baie ouens se reels is dat jy die deksel slegs afhaal wanneer jy van groente bysit want deksel oopmaak is taboe.

Gniet die smaaklike ete.

Gezoem van die Bye

Wanneer die perdeby jou steek weet jy dat jy gesteek is.

Nou die dag wil ek `n tak afsny wat teen die dak by Ifafa 732 op Leeupoort krap. Die leer word teen die muur staan- gemaak en die leer word bestyg. Ek vat toe per ongeluk aan die balk wat onder die teeldak sigbaar is en dit is toe waar die perdebye hul nes het. Die een by steek my op die bolip en dis asof iemand my met `n hamer op die mond slaan. Met die geweldige skok gryp ek na my lip, verloor balans en voeter van die leer af.

 

My ouma het destyds gesê dat `n ou vicks moet aansmeer en dit het so werlikwaar gehelp.

Die perdeby verdedig sy nes deur mens of dier wat torring aan hul neste by te dam met daardie skerp groot angel en die steek brand soos vuur. Die perdebye los nie hul angel in jou soos `n heuningby nie en hulle steek jou soms meer as eenkeer. Hier in die bosveld by Leeupoort geniet die perdebye beslis die wurms wat in die bos is.

Die perdeby dra wurms aan na die neste en hou dit daar vir kos. Daar is 35 verskillende soorte spesies in ons land.