Tag Archives: Bushveld

Health Str 27

Unit 17 - Health Str 27 (397x296)

Naam van Eenheid: Lapa 27

`n Familievakansie met die gerief van die stad binne Leeupoort vakansie dorp. Leeupoort is die ideale wegbreekbestemming met uitstekende klimaat en natuurskoon om dit `n onvergeetlike ervaring te maak geleë binne `n natuurreservaat. Wild wat vrylik rond beweeg tussen die huise en `n groot verskeidenheid voëllewe wat jou ook in die oggende wakker tjirp. Hierdie 3 slaapkamer huis is aan ‘n groen-gebied geleë. Die groot grasdak lapa het baie plek vir kuier en braai.

Karee Str 23B

Unit 11 - Karee 23B (398x299)

Naam van Eenheidt: Karee B

Smag jy na `n rustige wegbreekervaring om te gaan ontlaai na al die frustasies van die lewe. Slegs 150 km vanaf Pretoria kry jy die ideale uitspanplekkie toegerus vir 6 persone. Hier praat die natuur op `n unieke manier met jou hier in die boomryke bosveld met sy ryk wild- en voëllewe. Kom geniet die zebras wat `n stukkie brood uit jou hand kom eet. Wees net versigtig dat hulle jou net nie skop nie. Wees ook net versigtig vir die vlakvarke wat astrant kan raak wanneer die kinders kos vir hulle wil gee.

Karee Str 23A

Unit 10 - Karee 23A

Naam van Eenheid: Karee A

Ideaal vir `n familievakansie binne `n natuurreservaat in die Limpopo provinsie met die wild wat vir jou kom kuier hier by jou eenheid waar jy rustig sit en braai terwyl die fisante by jou kom rondstap en kossies soek. Die Njalas kom vreet broodkorsies uit jou hand. Die hele familie kan met hul fietse deur die hele reservaat ry en die kinders kan ook op hul eie rondry soos hulle wil.