Tag Archives: Bybelstudie

Leeupoort: Die Bos Praat met Jou

Die bos vertel vir jou sy storie en al wat jy moet doen is om net te luister. Die kinders kan op hul eie deur die reservaat op Leeupoort Vakansiedorp fiets ry.

Die stilte bring `n rustigheid in jou wat jy nie met geld kan koop nie. Jy moet net nie jou selfoon die hele tyd aanhou nie want die Whatsupp en ander oproepe lei jou aandag af en neem jou terug na jou kantoor of werksplek.

 

Jy kan vir `n lang tyd geen oproepe kry nie maar sodra jy buite langs die vuur bybelstudie wil hou kry jy die meeste onnodige oproepe asof die duiwel dit so beplan. Ek en Jan du Preez het een oggend 9 uur beplan om bybelstudie te hou by Ifafa732 op Leeupoort waar ons die akkommodasie terdee geniet. Voor die tyd het ons twee geen selfoonoproepe gekry nie en net toe ons begin kry ons oproepe Jan drie en ek een. Nou wat vertel dit vir jou!!

Daar waar jy rustig buite sit kom die vlakvarke gewoonlik eerste daar snuffel vir kos. Wees net versigtig vir hulle en kyk net na daardie gevaarlike tande waarmee hulle jou kan kap. Die njalas en bosbokke maak ook hul draai. Die koedoes en elande kom nie gereeld kuier nie. Die grysbekneushoringvoels laat ook gereeld van hulle hoor en besoek ook redelik gereeld die broeikas wat aan een van die bome staangemaak is. Dis reeds nou broeityd waar die wyfie in die kas toegemessel is met `n klein oop gleufie waardeur die mannetjie haar voer.

Lekker rustige dag vir jou.

Plekkie om Stil te raak in die Bos op Leeupoort

STILRAAK IN DIE BOS – Daar is baie vakansiedorpe en ontspanningsplekke in ons provinsie en ons land, maar daar is net een Leeupoort.

Leeupoort Vakansiedorp wat vir elke inwoner en die besoeker lafenis bied, rustigheid van die gejaagde lewe bring en ontlading van die spanning en druk by die werk sodat jy tot verhaal kan kom. Mag jou battery hier in die bos behoorlik gelaai word.