Tag Archives: Diere

Leeupoort: Tong Half Meter Lank.

Die kameelperd is die dier wat die hoogste kan bykom van alle diere op aande.

Daardie lang voorpote is baie gevaarlik en kan `n leeu daarmee doodskop. Wanneer hulle baklei slaan hulle mekaar met die nek. Dit is bekend dat die een al de ander een met die nek dood geslaan het.

Op Leeupoort is die kameelperde baie mak en pragtige fotos kan geneem word. Jy moet net nie uit jou voertuig klim om naby fotos te neem nie want dan

 

jaag jy hulle beslis weg. Die kameelperde benut die blare van bome wat te hoog is vir ander diere om te benut. Hulle kyk af op baie doring bome wat in die veld is. Hierdie dier word tot 30 jaar oud. Daar is spesiale kleppe in hul bloedvate wat keer dat daar nie teveel bloed na hul koppe vloei wanneer hulle water suip nie. Met daardie lang tong wat tot `n half meter uitgesteek kan word stroop hulle blare van bome. Met daardie lang  tong trek hulle ook tot doringtakke nader om die blare in sy bek in te trek.

Wanneer `n kameelperd hardloop gallop hy en lyk dit of hy stadig beweeg maar hulle kan tot 50 km per uur hardloop.

Rooibekneushoringvoëls van Leeupoort

 

 

`n Rooibekneushoringvoël het hom tuis gemaak op die motor se spieëltjies en probeer om die maatjie in die spieël te soen of om mee te baklei. Die voël het himself vir `n lang tyd so besig gehou. Daarna het hy teen die glas van die skuifdeur kom pik tot hulle hom brood gegee het. Hierdie geelbek is seker nou al drie jaar besig met sy pik aan die wieldoppe en spieëltjies by Ifafa 732 op Leeupoort.

Sy geroep is nagenoeg so iets soos: “kok-kok-kok-kok-kokok-kokok. Hulle vreet hoofsaaklik insekte en kos in die mis van diere wat op die grond is. Hulle pik miskoeke met hul snawel uitmekaar om by die saadjies en insekte uit te kom.

Hulle is een van die rooibek, geelbek en grysbek soorte wat op Leeupoort te vinde is. Die rooibek is die kleinste van die drie soorte. Dit is selde dat al drie soorte op dieselfde plek soos Leeupoort te vinde is. Hulle bly ook uit mekaar se pad.

 

Leeupoort: Koedoe in Sitkamer

Dis nie ongewoon dat die koedoes tot binne die sitkamer agter die mense aanstap nie. Wanneer die bok iets te ete ruik volg hulle jou na waar jy hulle lei.

Vernaam in droogte tye sal die wild makker wees as wanneer daar baie groen blare in die veld is. Leeupoort is bekend vir sy mak wild en vriendelike mense.

Dit is koedoedrolletjies wat die ouens met feesdae kompetisiespoeg.

 

Hierdie produk word in die maag van die koedoe saamgestel uit hoofsaaklik blare wat die koedoe vreet. Kleiner soorte bokke het die ronde drolletjies en groter bokke het weer die bol mis soos die van `n jerseykoei. Jy kan nie laasgenoemde gebruik om mee te speog nie!!!

Leeupoort is een van die min plekke in die land waar die wild tussen die huise rondstap en vir die besoekers kuier. Die weer is wonderlik en jy kan tot laataand om die braaivleisvuur deurbring

Indien jy ook ander plekke wil besoek om diere soos leeus, renosters, krokodille ens. te besigtig kan jy dit binne `n halfuur se reis vanaf Leeupoort dit gaan beleef. Kontak Marianne 082 565 5121 epos gaangroen@gmail.com