Tag Archives: Fees

Leeupoort- Boeremusiekfees. 9 Sept 2017

Tien jaar gelede het die Boeremusiekgilde die Boeremusiek-monument op Leeupoort opgerig en 9 September 2017 word die herdenking gehou.
Met daarde geleentheid sal die tema “Volkspele” wees. `n Groot aantal Boere-orkeste het reeds te kenne gegee dat hulle by hierdie besondere geleentheid kom optree. Van die orkeste het al begin plek bespreek want daar is beperkte akkommodasie beskikbaar. In die verlede was die akkommodasie al `n maand voor die tyd vol bespreek.

 

Die manne is besig op baard te laat groei vir hierdie spesiale gebeurtenis!
Ander verrassings gaan wees die Ou Toppers Orkes van die Kaap en ‘n baie bekende, gewilde sportpersoonlikheid gaan ook die Fees bywoon.

Baie feesgangers maak ook van die geleentheid gebruik om wild te kyk. Party besoekers geniet die diere wat hulle by die huise besoek en ander ry deur die reservaat om meer wild te besigtig.

Boeremusiekfees te Leeupoort op 9 September 2016

Boeremusiekgilde

LEEUPOORT – Die 9de Fees word nou-al beplan en `n groot aantal orkeste gaan aan die fees deelneem. Deelnemers vanaf Pietersburg tot Mosselbaai het reeds tekenne gegee dat hulle aan die fees gaan deelneem.

Daar sal sowat 22 senior orkeste en 4 junior orkeste optree. Die belangstelling van jongmense is oorweldigend en bemoedingend.

Leeupoort huisves ook die Boeremusiekmonument wat natuurlik die eerste monument van sy soort in die land is.

Boeremusiekfees te Leeupoort op 11 September 2015

Boeremusiek Monument

LEEUPOORT – 13 Senior en 4 junior boereorkeste gaan vanjaar by die Boeremusiek-fees optree. Vrydagaand skop dit af met die eerste orkeste wat optree. Saterdag die heel dag deur speel die orkeste en Sondagoggend vind die erediens plaas. Een van die boereorkeste sal die musiek met die erediens waarneem.

Elke jaar was die aanbiedings uitstekend en vanjaar sal dit nog beter en lekkerder wees. Saterdag, die heel dag kan daar gedans word terwyl die orkeste optree.