Tag Archives: Natuur

Sekelboshout -Braai op Leeupoort

????????????????????????????????????

Almal kan braai maar braai op Leeupoort daar waar dit in die natuur is en jy die geluide van die bos hoor is net soveel meer ontspanne.

Die sekelboshout se kole brand langer as baie ander soorte hout met die gevolg dat jy langer by die vuur kan kuier. Daar waar jy langs die vuur sit en in die kole staar en die stilte sak toe om jou hoor jy die fisant wat in `n naby geleë boom hom tuismaak met sy tsjer- tsjer   tsjer- tsjer   tsjer- tsjerrrr.

 

Die vlakvarke kom maak seker of daar nie oorskot kos is nie. So teen tienuur die aand maak die bosvarke hul verskyning om ook te kom kyk of daar nie beentjies van die braaivleis oorgebly het nie. Hulle kou die bene asof dit macaroni is.

Die kinders wat in die sundowner swenbadjie tot laat baljaar het kom ook tot ruste en kom sit ook langs die vuur om te wag vir die stilte om saam te smelt met die rustigheid van die kole wat stadig verdof soos die aand se uurglas leegloop.

Die sekelbosvuur is nog steeds aan die brand.

Leeupoort: Doop Baba in Bos

Stilte plekkie Lport

 

Onder die leiding van Johan Koekemoer is die stiltehoekie in die bos op Leeupoort ingerig.

Klein Gerhard is by die kruis gedoop waar daar `n afwagtende admosfeer gewees het in die rustigheid van die natuur.

Dink net dat mense wat in die stad woon hul baba daar in die bos kan gaan doop. Iets besonders vir die “scrab booking”.

 

Fotos van die kruis, die doopplegtigheid asook fotos van die blouwildebeeste wat daar rustig lê en herkou. Die kwêvoëls wat ook daar naby in die bome sit en met mekaar gesels.

`n Besondere admosfeer in die natuur waar jy die doopplegtigheid op Leeupoort ondervind. Dink net dat jy ook tyd inruim om deur Leeupoort met sy bospaadjies kan ry en die wild asook die voels en bos besigtig.

Om die kroon te span kan jy in `n radius van `n halfuur vanaf Leeupoort ook gaan renosters, krokodille, olifante, leeus of cheetas gaan besigtig.

Die ouens kan ook plaasdiere gaan kyk .

Qquad bikes ry op `n plaas wat spesiaal daarvoor ingerig is sal ook `n belewenis wees. Boogskiet en die kuns aanleer om boog te skiet kan ook ervaar word.

Die rustigheid van Leeupoort en die beskikbaarheid van ander aksies wat in die omgewing is vorm `n pakket wat jy nie sal vergeet nie.

Bosveld Bome: Elke Boom het ‘n Storie

Bosveld Bome 640x480

BOOMKYK – Daar is min plekke in ons land waar daar so `n groot verskeidenheid bome op een plek groei as in Leeupoort. Vir die publiek wat geïnteresseerd is in ‘n variasie inheemse bome, is dit die ideale geleentheid om kyk of hulle die onderskeie bome kan uitken.

By Ifafa 732 op Leeupoort, het Philip du Plessis en sy mede Dendrologiese Vereniging-span nie minder as een en twintig (21) verskillende bome gemerk. Ons was heel verbaas daaroor want ons het nooit kon dink dat ons so `n groot verskeidenheid bome in een erf het nie.