Tag Archives: Nonnetjies Uil

Leeupoort se Nonnetjiesuil

Nonnetjies Uil 640x480

NATUURRESERVAAT – Die uil se goed ontwikkelde rigting sin en gehoor span saam wanneer hy sy prooi vang. As hy iets hoor wat na prooi klink, draai hy sy kop in daardie rigting. Dan kos dit nog net een geritsel of ’n gepiep en die prooi is so goed as bokveld toe.

Uile (daar is sowat twaalf soorte in Suider-Afrika en 162 wêreld-wyd) vreet slegs lewende diere, van insekte tot soogdiere soos groot soos hase. ’n Paar soorte vreet hoofsaaklik visse. Hulle sluk gewoonlik hul prooi heel in. Onverteerbare dele van hul kos, soos bene, hare en vere, word saamgepers en as klein kompakte bolletjies opgebring (dit word uilballe genoem – kraaie doen dieselfde).

Uil Bewaringsprojek van Leeupoort

Nonnetjie Uile

UIL BEWARINGSPROJEK – Groter hokke as die oues is gebou en van die uile het daar ingetrek. Hulle pas maklik aan maar dan moet hulle nie verjaag word nie. Uile vestig hulle dikwels naby mense se huise en in mensgemaakte neskaste. Bewaringsbewuste boere plaas die kaste naby hul store en lande waar daar gewoonlik heelwat muise en rotte is.

`n Ernstige beroep word op mense gedoen om nie rottegif uit te sit nie.