Tag Archives: Ontspanning

Steakie Oppie Kole op Leeupoort

Leeupoort Braai 640x480

ONTSPANNING – Die dae op Leeupoort se bosveld is heerlik. Die sonnetjie kan nie lekkerder wees wanneer jy by die ronde braaiplek by Ifafa 732, wat mens `n “es” noem, agteroor sit met jou voete op die rand van die es. Die swaai-braai wat mens hoër of laer kan stel kan jy gemaklik hanteer en dit word weggeswaai wanneer jy die vuurtjie pak om aan die brand te steek.

In plaas van teesakkies weg te gooi word dit in `n botteltjie gehou en `n bietjie lampolie daaroor gegooi.

Voetslaanpaaie op Leeupoort

Voetslaan

VOETSLAAN – Al wat jy moet doen is om rugsakke te pak en vir elkeen `n bottel water saamneem. Elkeen moet `n wandelstok vat want `n ou loop lekkerder met `n stok in die hand want daar is plekke waar jy van die takkies moet wegstoot hier op Leeupoort se voetslaanpaaie. Wanneer die paadjies kronkel besef jy nie dat jy al `n hele ent gestap het nie.

Die ontbyt wat in die rugsakke gepak is moet by die klipkoppie ge-eet word want dan sal jy al lekker dun voel om die maag. Gedurende die stap loop jy ander stappers raak en gewoonlik word daar eers gekuier en verneem wat te wagte is.