Tag Archives: Reservaat

Leeupoort- Boeremusiekfees. 9 Sept 2017

Tien jaar gelede het die Boeremusiekgilde die Boeremusiek-monument op Leeupoort opgerig en 9 September 2017 word die herdenking gehou.
Met daarde geleentheid sal die tema “Volkspele” wees. `n Groot aantal Boere-orkeste het reeds te kenne gegee dat hulle by hierdie besondere geleentheid kom optree. Van die orkeste het al begin plek bespreek want daar is beperkte akkommodasie beskikbaar. In die verlede was die akkommodasie al `n maand voor die tyd vol bespreek.

 

Die manne is besig op baard te laat groei vir hierdie spesiale gebeurtenis!
Ander verrassings gaan wees die Ou Toppers Orkes van die Kaap en ‘n baie bekende, gewilde sportpersoonlikheid gaan ook die Fees bywoon.

Baie feesgangers maak ook van die geleentheid gebruik om wild te kyk. Party besoekers geniet die diere wat hulle by die huise besoek en ander ry deur die reservaat om meer wild te besigtig.

Leeupoort: Passie vir die Natuur

Leeupoort Vakansiedorp is die idilliese gesinsoord in die bosveld slegs 150 km vanaf Pretoria. Bekostigbare huise wat goed toegerus is as selfsorg- fasiliteite. Die weer is idiaal vir braai waar die ouens tot laataand by die vuur deurbring.
Hierdie vakansiedorp is n ekodorp binne `n natuurreservaat waar die wild tussen die huise rondloop. Die besoekers kan gaan stap in die reservaat of selfs met hul voertuig deur die reservaat ry waar jy ook tot naby die wild kan kom.

 

Op Leeupoort is daar ongeveer 170 soorte voëls, 50 verskillende soogdiere en 114 boomsoorte. Die maak dus `n fees om tussen die huise te stap of deur die hele reservaat te stap waar daar staproetes is. Vir die ouens wat nie kan of wil stap nie kan met jou eie voertuig deur die reservaat ry.
Die bosvarke loop rond wanneer die son eers gesak het want hulle is sku vir mense. Hulle is gewoonlik op soek na braaivleisbene om te vreet. Die ander wild loop dag en nag orals tussen die huise rond.

Leeupoort: Die Bos Praat met Jou

Die bos vertel vir jou sy storie en al wat jy moet doen is om net te luister. Die kinders kan op hul eie deur die reservaat op Leeupoort Vakansiedorp fiets ry.

Die stilte bring `n rustigheid in jou wat jy nie met geld kan koop nie. Jy moet net nie jou selfoon die hele tyd aanhou nie want die Whatsupp en ander oproepe lei jou aandag af en neem jou terug na jou kantoor of werksplek.

 

Jy kan vir `n lang tyd geen oproepe kry nie maar sodra jy buite langs die vuur bybelstudie wil hou kry jy die meeste onnodige oproepe asof die duiwel dit so beplan. Ek en Jan du Preez het een oggend 9 uur beplan om bybelstudie te hou by Ifafa732 op Leeupoort waar ons die akkommodasie terdee geniet. Voor die tyd het ons twee geen selfoonoproepe gekry nie en net toe ons begin kry ons oproepe Jan drie en ek een. Nou wat vertel dit vir jou!!

Daar waar jy rustig buite sit kom die vlakvarke gewoonlik eerste daar snuffel vir kos. Wees net versigtig vir hulle en kyk net na daardie gevaarlike tande waarmee hulle jou kan kap. Die njalas en bosbokke maak ook hul draai. Die koedoes en elande kom nie gereeld kuier nie. Die grysbekneushoringvoels laat ook gereeld van hulle hoor en besoek ook redelik gereeld die broeikas wat aan een van die bome staangemaak is. Dis reeds nou broeityd waar die wyfie in die kas toegemessel is met `n klein oop gleufie waardeur die mannetjie haar voer.

Lekker rustige dag vir jou.

Leeupoort: Bosveld Voetslaan

NATUURRESERVAAT – Al ses van ons besluit om Woensdag oggend vroeg te begin voetslaan en om eers so teen 16:00 terug te wees by die chalet. Dit is twee rugsakke pak en vir elkeen twee bottels water. Elkeen moet `n wandelstok vat want `n ou loop lekkerder met `n stok in die hand.want daar is plekke waar jy die takkies moet wegstoot hier op Leeupoort se voetslaanpaaie. Wanneer die paadjies kronkel besef jy nie dat jy al `n hele ent geloop het nie.