Tag Archives: Rooibok

Spog Rooibokke van Leeupoort.

Rooibok

ROOIBOKKE – Hierdie boksoort is in feitlik elke land in Afrika teenwoordig en ook seker die mees gesogde en populêre wildsbok. Die rooibok is seker ook die mees grasieuse wildsbok. Hul voedsel is hoofsaaklik blare, sade, fyn takkies en gras. In die Kruger Park is daar ongeveer 130,000 rooibokke, wat meer is as al die ander wildsbokke saam.

Die volwasse rooibokram weeg sowat 50 kg. Hierdie wildsbok kan ongeveer 3 m hoog spring en sowat 12 meter vêr.