Tag Archives: Unit 11

Karee Str 23B

Unit 11 - Karee 23B (398x299)

Naam van Eenheidt: Karee B

Smag jy na `n rustige wegbreekervaring om te gaan ontlaai na al die frustasies van die lewe. Slegs 150 km vanaf Pretoria kry jy die ideale uitspanplekkie toegerus vir 6 persone. Hier praat die natuur op `n unieke manier met jou hier in die boomryke bosveld met sy ryk wild- en voëllewe. Kom geniet die zebras wat `n stukkie brood uit jou hand kom eet. Wees net versigtig dat hulle jou net nie skop nie. Wees ook net versigtig vir die vlakvarke wat astrant kan raak wanneer die kinders kos vir hulle wil gee.