Tag Archives: Vlakvark

Vlakvark: Stert in die Lug

Vlakvark 34

NATUURRESERVAAT – Hierdie is seker een van die lelikste diere op aarde. Sy kop met sy klein ogies, vratte aan die kante van sy kop, die stokkies hare, lang tande wat by sy bek uitsteek en sy kop wat feitlik die helfte van sy lyf uitmaak, laat `n ou wonder hoekom hy so lelik lyk.

Wanneer `n vlakvark staan of loop hang sy stert maar wanneer hy draf of hardloop is die stert penregop. Dit is dieselfde met die klein vlakkies. Waar daar gevreet word staan die groot vark sowel die kleintjies op hul knieë.

Leeupoort: Die Bosveld Bosvark

Bossie Bosvark

BOSSIE DIE BOSVARK – Heelwat van die Leeupoorters en besoekers aan die Bosveld, het saans so om en by 11 uur kennis gemaak met die mak bosvarke op Leeupoort Vakansiedorp. Die bosvarke soek die braaiplekke by die huise op om te kyk of hulle iets te ete kry soos braaivleis-beentjies. Bedags kruip hulle in die bosse weg waar niemand hulle sal sien nie.

Die vlakvarke en bosvarke bly gewoonlik uit mekaar se pad en meng glad nie met mekaar nie. Een van die Leeupoort se inwoners moes egter voorheen na `n bosvarkie omsien