Tag Archives: Voëls

Leeupoort: Broeigedrag van Voëls

Alfa broeigedrag kom voor by groep- of familievoëls waar daar een broeipaar is (alfa mannetjie en wyfie vermoedelik die oudste wyfie.)

By sommige groepe broei slegs die wyfie terwyl die res van die familie verantwoordelik is vir die aandra van kos en later die versorging van die kuikens nadat dit uitgebroei is. Dit is komies om te sien as daar `n jongeling tussen die groep  is hoe hy/sy met oorgawe sy vlerkies fladder en kla en die hele groep dra kos aan. Hulle kom in groepe van 5  tot 10 voor. Meeste van die groepe bestaan uit voëls wat familie van mekaar is, dit sluit dus die vorige jare se broeisel in. Hierdie groepe is gedurig met mekaar in verbinding deurdat hulle onophoudelik met mekaar kommunikeer met tipiese geluide.

 

Die Langstertlaksmanne, van onder andere Leeupoort, kom in klein swerms van tussen 5 en 10  voëls in die bosveld voor waar hulle opsigtelik op die top van `n sytak of boom sit en ook langs die paaie op drade en pale. Hulle is insekvreters en ons almal ken hulle kenmerkende roep wat soos “tilodi” klink. Vandaar ook sy Tswana naam.Hier funksioneer `n alfa mannetjie en wyfie. Die mannetjie en helpers dra kos aan vir die wyfie terwyl sy op die nes sit en roep vir kos soos `n klein voëltjie.

( Geplaas met vergunning van Die Bospatrys – Nuusblad van Leeupoort en omgewing ( www.bospatrys.co.za )

Leeupoort se Nonnetjiesuil

Nonnetjies Uil 640x480

NATUURRESERVAAT – Die uil se goed ontwikkelde rigting sin en gehoor span saam wanneer hy sy prooi vang. As hy iets hoor wat na prooi klink, draai hy sy kop in daardie rigting. Dan kos dit nog net een geritsel of ’n gepiep en die prooi is so goed as bokveld toe.

Uile (daar is sowat twaalf soorte in Suider-Afrika en 162 wêreld-wyd) vreet slegs lewende diere, van insekte tot soogdiere soos groot soos hase. ’n Paar soorte vreet hoofsaaklik visse. Hulle sluk gewoonlik hul prooi heel in. Onverteerbare dele van hul kos, soos bene, hare en vere, word saamgepers en as klein kompakte bolletjies opgebring (dit word uilballe genoem – kraaie doen dieselfde).

Leeupoort: Yellow-billed Hornbill

NATURE RESERVE – The Southern Yellow-billed Hornbill is a Hornbill found at Leeupoort Holiday Town in southern Africa and also most other part in Southern Africa. It is a medium sized bird, with length between 48 to 60 cm

They feed mainly on the ground, where they forage for seeds, small insects, spiders and scorpions. Termites and ants are a preferred food source in the dry season. At Leeupoort they even eat bread and maize porridge, however bread is not a recommended food source for birds.

Die Waaksame Kwêvoël.

DIE WAAKSAME KWêVOëL- Die kwêvoël sit gewoonlik hoog in die toppe van die doringbome en waarsku enige gevaar vir wildsbokke en ander voëls. Vir baie jagters is hulle `n frustrasie. Wanneer die jagter in die veld loop om `n bok te soek om te jag sal die kwêvoël van boom tot boom vlieg tot waar hy sien dat jy `n wildsbok nader en dan uiter hy sy luid “kwê” waarskuwing met die gevolg dat die wild vlug.

Uil Bewaringsprojek van Leeupoort

Nonnetjie Uile

UIL BEWARINGSPROJEK – Groter hokke as die oues is gebou en van die uile het daar ingetrek. Hulle pas maklik aan maar dan moet hulle nie verjaag word nie. Uile vestig hulle dikwels naby mense se huise en in mensgemaakte neskaste. Bewaringsbewuste boere plaas die kaste naby hul store en lande waar daar gewoonlik heelwat muise en rotte is.

`n Ernstige beroep word op mense gedoen om nie rottegif uit te sit nie.