Tag Archives: Wegbreek

Leeupoort: Selfsorg Akkomodasie uit die Boonste Rakke

Leeupoort Braai 640x480

MIDWEEK WEGBREEK – Annetjie en haar familie het verlede week by Ifafa 732, ‘n ten volle toegeruste selfsorg huisie, deurgebring en heerlik in die natuur gekuier. Agter die huis is ‘n swembad en braaiplek.


Die bosveld is heerlik hierdie tyd van die jaar waar die voël geluide besonder opvallend is. Die tarentale, fisante en kwêvoëls is so mak en rustig, veral wanneer jy `n bietjie kos uitsit.

Leeupoort: Wegbreek Vakansie

Sonsondergang 640x480

VAKANSIE – Die weer is wonderlik vir elkeen wat hou van afkoel in die swembad. Hier is twee groot swembaddens op verskillende plekke op Leeupoort en dan is daar ook klein swembaddens by van die verskillende chalets. So het Ifafa 732 ook sy eie ‘sundowner’ swembad vir die gesin. Dit is by die braai net agter die chalet.

So `n wegbreek vakansetjie bring lafenis vir `n mens se siel en liggaam en jy waardeer die rustigheid asook die bosveld geluide. Wanneer die son sy kop wegtrek en dit word skemer hoor jy nog die visvangertjie wat aanhou met sy geroep. Die fisante skree ook vir mekaar tot dit al redelik donker is.