Tag Archives: Where to Stay

Health Str 27

Unit 17 - Health Str 27 (397x296)

Naam van Eenheid: Lapa 27

`n Familievakansie met die gerief van die stad binne Leeupoort vakansie dorp. Leeupoort is die ideale wegbreekbestemming met uitstekende klimaat en natuurskoon om dit `n onvergeetlike ervaring te maak geleë binne `n natuurreservaat. Wild wat vrylik rond beweeg tussen die huise en `n groot verskeidenheid voëllewe wat jou ook in die oggende wakker tjirp. Hierdie 3 slaapkamer huis is aan ‘n groen-gebied geleë. Die groot grasdak lapa het baie plek vir kuier en braai.

Gifblaar Str 838

Unit 05 - Gifblaar 838 (404x304)

Naam van Eenheid: Swanepoel Huis

Onvergeetlike gesinservaring waar die kinders vrylik kan rond ry met hul fietse of rondstap in die paadjies en reservaat. Geniet hierdie tenvolle toegeruste selfsorgeenheid met sy braaiplek waar jy kan ontspan soos nooit tevore nie. Die rustige aande om die kampvuur en die geroep van die fisant laat jou total ontspan en dit bring die kalmte oor jou. Bedags ry die kinders heerlik met hul fietse deur die bosvelddorp en party ry tot deur die reservaat met sy kronkelpaaie. Die rustige bosliefhebber geniet die pragtige boomryke bosveld hulself gate uit.