Tag Archives: Wild

Leeupoort: Springboontjie

Veral in die somer spring hierdie boontjie wat op die grond geval het onder die bome rond wat te eienaardig is    

Die insekte, `n wurm, kruip in die vrug en later binne in die pit en dit is dan dat die vrug van die boom afval met die wurm daarbinne. Sodra die wurm warm kry wil hy uitklim en dit is wanneer dit lyk of die pit spring.

Die tambotieboom is een van die bome wat baie eienskappe het. Hierdie boom is beskermd en mag nie

 

ge-oes word nie. Slegs met `n permit van Natuurbewaring mag jy droeë hout verwyder uit die veld. Die hout is baie hard, lig van kleur met donker vlekke en pragtige meubels kan daarvan gemaak word. Die melksap is giftig en wanneer jy met daardie hout vuurmaak om te braai het jy beslis `n ombekrapte maag wat jou baie siek maak. Die wild op Leeupoort is baie keer tesiene by die tambotiesbome waar hulle die blare vreet.  

Een van die drie grootste gemete spesies in die land kan besigtig word op Leeupoort Vakansiedorp by die piekniekplek waar oorblyfsels van `n ou ossewa ook te siene is.

Leeupoort- Boeremusiekfees. 9 Sept 2017

Tien jaar gelede het die Boeremusiekgilde die Boeremusiek-monument op Leeupoort opgerig en 9 September 2017 word die herdenking gehou.
Met daarde geleentheid sal die tema “Volkspele” wees. `n Groot aantal Boere-orkeste het reeds te kenne gegee dat hulle by hierdie besondere geleentheid kom optree. Van die orkeste het al begin plek bespreek want daar is beperkte akkommodasie beskikbaar. In die verlede was die akkommodasie al `n maand voor die tyd vol bespreek.

 

Die manne is besig op baard te laat groei vir hierdie spesiale gebeurtenis!
Ander verrassings gaan wees die Ou Toppers Orkes van die Kaap en ‘n baie bekende, gewilde sportpersoonlikheid gaan ook die Fees bywoon.

Baie feesgangers maak ook van die geleentheid gebruik om wild te kyk. Party besoekers geniet die diere wat hulle by die huise besoek en ander ry deur die reservaat om meer wild te besigtig.

Moedersdag op Leeupoort

Moedersdag word vanjaar op 14 Mei gevier.

Dit is gewoonlik `n dag waar die dagtake uit moeder se hande geneem word en sy bederf word.

Dis nie nodig om `n duur okasie aan te pak nie maar om dit vir moeder lekker te maak by die huis, `n uitstappie of elders gaan uiteet.

Baie mans of kinders berei `n heerlike ontbyt vir

 

moeder in die bed voor, ander gaan uiteet ander weer reel `n uitstappie en bederf moeder met `n ete of braai.  Op Leeupoort waar die wild tussen die huise rondloop ap is dit heerlik om buite te braai.

 Blomme en kaartjies kan ook vir moeder gegee word. Dis interessant op self die blomm ete rangskik en self die kaartjies te maak wat natuurlik baie goedkoper sal wees as gekoop.

Uitstappies kan behels – fliek gaan kyk, DVD uitneem by die huis vertoon en moeder trakteer met iets lekkers te ete gedurende die vertoning.

Moedersdag is die eerste keer in Suid Afrika op 9 Augustus 1994 gehou

 

 

 

Leeupoort: Vakansiedorp en lekker blydorp

Leeupoort Vakansiedorp is `n ekodorp geleë binne `n natuurreservaat. `n Groot aantal permanente inwoners het daar kom aftree omdat hulle die stilte van die natuur begeer en waardeer en graag die wild wat tussen die huise rondstap geniet. Wanneer jy wil ry en wildkyk doen jy dit op jou eie en in jou eie tyd.
Daar woon sowat 500 permanente inwoners en daar is ongeveer 700 huise in die dorp. Daar is twee groot swmbaddens waar jy na hartelus in die water kan gaan baljaar en verskeie huise het hul

eie klein swenbaddens vir lafenis.
Verskeie huiseienaars woon elders en gaan gereeld die stilte en wild opsoek op Leeupoort. Van hierdie huise word as selfsorg- vakansieeenhede verhuur sodat die eienaars ook van tyd tot tyd daar kan gaan uitspan en ontlaai.
.

Die Sin vir Humor is Medisyne

Die sin vir humor verjaag die donker wolke in ons gedagtes. Dit verjaag vervelige swaarwigtige onplesierige en eentonige gedagtes.

Glimlag opreg en jy sal die vrugte pluk. Komplimenteer opreg. Gewoontes, aanwensels, die manier van doen loop en praat asook motiewe bepaal of jou gedagtes positief is. Skaaf betyds aan hinderlikhede terwyl jou oordeel en insig nog helder is sodat dit later nie al erger word nie.

 

Reik uit na ander mense en moenie wag dat ander jou nader nie. Doen iets wat jou gedagtes positief prikkel want dit hou jou brein gesond en aan die gang. Lag selfs vir jouself as jy `n onnosel ding aanvang.

Gaan ontspan op Leeupoort waar jy jou aandag laat aflei deur na die mak wild te kyk wat tussen die huise rondloop. Ry rustig deur die natuurreservaat waar jy die wild sien wat rustig wei en ander wat le en herkou aan die groen gras en blare wat hulle gevreet het.