Tag Archives: Wildsbokke

Leeupoort: Springboontjie

Kameelperd tambotie 640x380 reg

Hierdie boontjie spring sentimeters hoog wanneer dit begin warm word. Dit is die vruggies van die tambotieboom wat wonderbaarlike eienskappe het.

Op Leeupoort is daar op verskillende plekke woude van die tambotie bome. Die uniekheid van die boom is velerlei. Larwes ontwikkel binne die vruggie, die vruggie word ryp wat later van die boom afval en wanneer die son die grond warm bak begin die larwe binne die vruggie ruk en dit veroorsaak dat dit lyk of die vruggie begin spring. Nogal iets om te aanskou.

 

Mense word gewaarsku om nie met die tambotiehout vuur te maak nie want die olie, melksap, in die hout is giftig en jy kan baie siek word. Die hout is uiters geskik vir die maak van meubels. Die heerlike spesery-agtige reuk word vir lank behou. Die planke wat gesaag word wys die mooi patrone en kleure en dit verdwyn gladnie. Die meubels bly altyd aanskoulik.

Op Leeupoort vreet die wildsbokke die blare en die tarentale vreet weer van die sade. Die tambotieboom maak ook `n digte skaduwee waaronder die wild in die somer heerlik rus.

Hierdie boom word beskerm en die publiek mag nie die boom afsaag nie. Daarvoor sal `n permit van Natuurbewaring verkry moet word.

 

Mak Koedoekoei op Leeupoort Vakansiedorp

Mak Wild Koedoe

MAK WILD – So mak as wat hulle kan word, so wild kan hulle wees. Dit is dan wanneer diere sintuie ten beste  gebruik om gevaar vry te spring. Jagters kan getuig hoe gou `n koedoe kan verdwyn wanneer hulle `n vreemde geluid in die veld hoor. ‘n Koedoe is seker een van die diere wat die beste kan hoor. Met hul groot ore vang hulle die geringste geluide op. Hulle draai ook hul ore in die rigting vanwaar hulle ‘n geluid waarneem.

Leeupoort Vakansiedorp se koedoes is egter besonder mak,