Monthly Archives: Mei 2016

Vlakvark: Stert in die Lug

NATUURRESERVAAT – Hierdie is seker een van die lelikste diere op aarde. Sy kop met sy klein ogies, vratte aan die kante van sy kop, die stokkies hare, lang tande wat by sy bek uitsteek en sy kop wat feitlik die helfte van sy lyf uitmaak, laat `n ou wonder hoekom hy so lelik lyk.

Wanneer `n vlakvark staan of loop hang sy stert maar wanneer hy draf of hardloop is die stert penregop. Dit is dieselfde met die klein vlakkies. Waar daar gevreet word staan die groot vark sowel die kleintjies op hul knieë.

Die Langnekke van Leeupoort Vakansiedorp

Kameelperd

LEEUPOORT RESERVAAT – Die kameelperd is die hoogste lewende dier op vaste grond en het die langste nek wat tot 5,5 meter lank kan word. Die naam kameelperd is afgelei van die kameel met sy lang bene en die luiperd met sy kolle. Hulle word veral in oop bosveld oral in Afrika aangetref.

Die kameelperd se draagtyd is 14 tot 15 maande en die kalfie weeg sowat 40 tot 60 kg. Die kalf se lengte by geboorte tussen Oktober en Januarie in die suidelike halfrond is sowat 180 cm.