Monthly Archives: Sep 2016

Leeupoort: Fees der Feeste

BOEREMUSIEKFEESTE – Ses en twintig orkeste het die fees bygewoon sewel daar opgetree waarvan drie Junior orkeste was. 10 September 2016 sal vir lank onthou word vir sy groot aantal besoekers wat van oor die land op Leeupoort kom feesvier het en die optredes kom geniet het. Pieter Bodenstein van Leeupoort het nou vir die 9de agtereenvolgende jaar sedert die oprigting van die Boeremusiek-monument die aktiwiteiteite ge-kordineer. Kosie Beukes, tans 8 jaar oud, was lid van een van die junior orkeste. Kosie speel tans 13 musiekinstrumente. Kosie speel die konsertina

Leeupoort: Grysbekneushoringvoël in kas.

GRYSBEKNEUSHORINGVOEL – Met sy skril fluitgeroep verskil die grysbek se geroep drasties van dié van die geelbek en rooibek wat weer dieselfde klink. Leeupoort is gelukkig om al drie hierdie soorte neushoringvoëls te kan hê. Hulle bly redelik uit mekaar se pad. Op Leeupoort is `n inwoner wat die broeikaste maak en daar is `n hele klompie inwoners wat kaste aangeskaf het en by die huise aan bome aangebring het. Hierdie kaste se ingang moet in `n sekere rigting aangebring word en die grootte en hoogte is ook `n faktor.