Monthly Archives: Dec 2016

Rooibekneushoringvoëls van Leeupoort

Neushoring Rooibek 2 640x480 reg

NATUUR – `n Rooibekneushoringvoël het hom tuis gemaak op die motor se spieëltjies en probeer om die maatjie in die spieël te soen of om mee te baklei. Die voël het homself vir `n lang tyd so besig gehou. Daarna het hy teen die glas van die skuifdeur kom pik tot hulle hom brood gegee het. Hierdie geelbek is seker nou al drie jaar besig met sy pik aan die wieldoppe en spieëltjies by Ifafa 732 op Leeupoort. Sy geroep is nagenoeg so iets soos: “kok-kok-kok-kok-kokok-kokok. Hulle vreet hoofsaaklik insekte en kos in die mis van diere wat op die grond is. Hulle pik miskoeke met hul snawel uitmekaar om by die saadjies en insekte uit te

Die Sin vir Humor is Medisyne

GRYSE RAAD – Die sin vir humor verjaag die donker wolke in ons gedagtes. Dit verjaag vervelige swaarwigtige, onplesierige en eentonige gedagtes.

Glimlag en komplimenteer ander persone opreg en jy sal die vrugte pluk. Gewoontes, aanwensels, die manier van doen, loop, praat asook jou motiewe bepaal of jou gedagtes positief is. Skaaf betyds aan krapperighede terwyl jou oordeel en insig nog helder is sodat dit later nie al erger word nie.

Sekelboshout Braai op Leeupoort

Vleisbraai

ONTSPANNING – Almal kan braai, maar braai op Leeupoort in die natuur en waar jy die geluide van die bos hoor, is dit net soveel meer ontspanne.

Die sekelboshout se kole brand langer as baie ander soorte hout, met die gevolg dat jy langer by die vuur kan kuier. Daar waar jy langs die vuur sit en in die kole staar, sak die stilte op jou toe en hoor jy die fisant wat hom in `n naby geleë boom kom tuismaak het met sy tsjer- tsjer   tsjer- tsjer  tsjer- tsjerrrr.