Monthly Archives: Jan 2017

Leeupoort: Tong Half Meter Lank.

KAMEELPERD – Die kameelperd is die dier wat die hoogste kan bykom van alle diere op aarde. Daardie lang voorpote is baie gevaarlik en kan `n leeu daarmee doodskop. Wanneer hulle baklei slaan hulle mekaar met die nek. Dit is bekend dat die een al die ander een met die nek dood geslaan het.  Die kameelperde benut die blare van bome wat te hoog is vir ander diere om te benut.  Hierdie dier word tot 30 jaar oud. Daar is spesiale kleppe in hul bloedvate wat keer dat daar nie teveel bloed na hul koppe vloei wanneer hulle water suip nie. Met daardie lang tong wat tot `n half meter uitgesteek kan word stroop hulle die blare van bome.

Gezoem van die Bye

PERDEBY – Wanneer die perdeby jou steek weet jy dat jy gesteek is. Nou die dag wil ek `n tak afsny wat teen die dak by Ifafa 732 op Leeupoort krap. Die leer word teen die muur staan- gemaak en die leer word bestyg. Ek vat toe per ongeluk aan die balk wat onder die teeldak sigbaar is en dit is toe waar die perdebye hul nes gebou het. Die een by steek my op die bolip en dis asof iemand my met `n hammer op die mond slaan. Met die geweldige skok gryp ek na my lip, verloor balans en voeter van die leer af.