Monthly Archives: Oct 2018

Brandstofbesparing

1  Hou banddruk op voorgeskrewe druk
2  Hou vensters toe
3  Gebruik lugreeling slegs wanneer dringend nodig
4  Verwyder enige iets aan voertuig wat windweerstand kan veroorsaak
5  Vermy hoë snelhede – beplan ritte sodat dit nie nodig is om te jaag nie.
6  Vermy versnellings van stopstraat na stopstraat
7  Versien voertuig gereeld
8  Moenie voertuig oorlaai nie

 

9  Beperk ritte. Maak lys van items wat gekoop moet word en gaan koop op `n    bepaalde dag.

10  Wanneer voertuig vervang moet word neem brandstofverbruik in gedagte.
11  Gooi brandstof vroeg oggend in wanneer brandstof nog koud is.
12   Vulstasiepomp het drie fases – gooi brandstof in teen die laagste fase want        dit verminder verdamping
13  Maak tenk vol wanneer nog halfvol is want dit verminder verdamping
14  Moenie voertuig vul terwyl `n afleweringswa die tenks volmaak nie want           dit roer die brandstof in die ondergrondse tenk waar daar vuiligheid kan             wees.
7   Sou jy nog nie reggekom het om brandstof te bespaar nie moet jy liewers op      een van daardie vinnige zebras van Leeupoort Vakansiedorp gaan ry.

Tweet-tweet

Hierdie diertjies se gedrag is feitlik dieselfde as die van die meerkat.
Die gebande muishond loop in groepe van 7 tot 70. Hul sagte “tweet- tweet” geluide is hul kommunikasie kanaal wat die groep bymekaar hou. Op Leeupoort Vakansiedorp beweeg die trop van huis tot huis op te soek na wurms, insekte, klein akkedisse, muise, rotte, slakke , vrugte en eiers.
Die mamma is vir slegs 60 dae dragtig en kry van twee tot 6 kleintjies. Hulle is blind gebore met die

 

gevolg dat hulle kan nie rondloop en wegraak nie en na 5 weke gaan die ogies oop en hulle sluit dan by die trop aan. Die kleintjies drink aan enige mamma wat melk produseer en almal hou wag oor die kleintjies.
Die groepe of troppe is vyandig teenoor mekaar en partykeer kan dit lei tot die dood van anders.
Die gebande muishonde is ook bekend vir behendigheid met `n eier. Met die voorpote word die eier tussen die agterpote deur na iets hards gegooi sodat die eier kan breek om die inhoud dan te vreet. Die gevolg van die vreet van eiers is dat daar min fisant, patrys en tarentaaleiers uitbroei.