Monthly Archives: Jan 2019

Rol Boeta Rol!

MISKRUIER – Gaan sit by daardie misbolletjies waar die miskruier besig is om sy bolletjie uit te kerwe uit die eland of rooibok se mis. Die miskruier gebruik nie die bestaande bolletjie van die wildsbok se mis nie maar maak sy eie bolletjie.

Op Leeupoort Vakansiedorp waar jy die waarnemings maklik kan maak waar jy plat op jou blaker sit en besef dat daar ook groot kompetisie is onder die miskruiers self. Die paartjie probeer om so gou as moontlik die korrekte grootte na smaak rond te vorm om maklik weg te rol waarna

Blouaap

BLOUAAP – Die tropgrootte van blouape is so 20- 25 en hul aanvoerder is `n dominante wyfie. Wyfies bly lewenslank in hulle oorspronklike trop. Mannetjies emigreer ten tye van die aanvang van puberteit, trek dan van trop tot trop, en spandeer omtrent drie jaar in ‘n trop voordat hulle weer aanbeweeg. Mannetjies en wyfies se hiërargie is verskillend; slegs die mannetjies van hoër rang het toegang tot bronstige wyfies. Sosiale hegtheid vind plaas deur middel van onderlinge versorging van mekaar se pelse.

Steenbok Geeste

RAMMETJIE – Sekere volke in Afrika glo dat dit geeste sal omkrap as `n mens `n steenbok doodmaak. Die rammetjie het die skerp horingkies maar by uitsondering kry ooitjies ook horingkies. Hulle is gewoonlik enkellopend behalwe met paringstyd of waar `n lam saam met die mamma wei. Wanneer hulle gevaar sien gaan hulle gewoonlik lê met die kop op die grond. Sodra `n steenbok versteur word om weg te hardloop sal hulle eers verstar vir `n paar sekondes. Sou hulle moet vlug hardloop hulle sig-sag om die gevaar te ontduik.