Monthly Archives: Mar 2019

Spog met Leeupoort Vakansiedorp.

LEEUPOORT  – Wilde diere is enige besoeker aan Leeupoort Vakansiedorp se droom en in besonder wanneer die bokke daarby so mak is dat jy hulle van nader kan beskou en pragtige fotos kan neem. Hulle stap tussen die huise rond want hulle is mense en voertuie gewoond.

Leeupoort Vakansiedorp is binne `n natuurreservaat geleë in die bosveld waar daar nog grondpaaie is. Rustigheid en kalmte is jou voorland wanneer jy daar aanland en uitspan.

Flukste Diere

BYE – Hierdie diertjies is seker die flukste en slimste diere wat bestaan en het `n leeftyd van slegs ses weke en produseer slegs `n teelepel heuning. Hulle versamel nektar om heuning te maak wat hulle in heuningkoeke opgaar vir moeilike tye wanneer daar nie stuifmeel beskikbaar is nie. Hulle werk elke oomblik van die dag terwyl dit nog lig is en elkeen weet wat om te doen en waar om die nektar te gaan aflewer. Bye moet sowat agt kilogram heuning verorber om een kilogram was te maak. Ongeveer 40 000 bye