Monthly Archives: Aug 2019

Boeremusiekgildefees 6 en 7 September 2019

BOEREMUSIEKGILDEFEES – Die jaarlikse fees vind volgende naweek plaas. Dit is die hoogtepunt van alle aktiwiteite op Leeupoort vakansiedorp wat sowat 40 minute vanaf Bela Bela op die Rustenburg/Thabazimbipad geleë is. Hierdie fees is bedoel vir Boeremusiekliefhebbers asook liefhebbers vir die natuur en veral Leeupoort Vakansiedorp waar die wild tussen die huise rondloop en vir die mense kuier.

Die feesverrigtinge skop Vrydagaand, 6 September 2019, af by die karavaanpark met `n

Swaeljies

SWAELTJIES – Wonderlik om te weet dat hierdie klein voeltjie elke jaar aan die begin van die winter Europa toe trek wat sowat 10000 km van ons af is agter insekte aan en dan kom hulle na dieselfde plek in ons land terug waar hul nessies is. Op Leeupoort Vakansiedorp is daar by `n hele aantal huise nessies wat oor en oor gebruik word. Hulle gebruik die son, maan en sterre om rigting te kan hou. Interessant om te weet is dat hulle aan die westekant van Afrika na Europa toe trek en met dieselfde roete terug. Dit is waarom hulle trekvoels genoem word. Hulle het dit nie aangeleer nie maar God het hulle so geskape.

Vreet Nou en Los Niks vir Later

ONOORDEELKUNDIG – Oordeelkundige gebruik en bestuur van weiding is uiters belangrik om die gehalte van weiding vir wild te verseker. Oorbeweiding veroorsaak uittrap van smaaklike grasse, bevorder gronderosie, vestiging en vorming van harde kaal kolle waar geen gras groei nie en minderwaardige indringer grasse soos kweekgras vestig omdat hulle nie geredelik gevreet word nie. Die gevolg is dat indringer bos soos die sekelbos gevestig word.