Monthly Archives: Nov 2019

Diep gewortel in tradisie

MAROELA  – Hierdie boomspesie geniet n wye verspreiding in die bosveldgebiede van Suid Afrika onder andere Leeupoort Vakansiedorp.

Manlike en vroulike blomme word op afsonderlike bome gedra. Slegs die vroulike boom dra vrugte.

Eerste vir Leeupoort Vakansiedorp

Op Saterdag 7 Desember 2019 om 17:00 word Leeupoort Vakansiedorp se heel eerste aandmark gehou.

Omdat ek die hartklop en die asemhaling van ons geliefde Leeupoort ken, is dit so maklik om die aand te visualiseer…………………..

Aan die weste kant van die Jukskeibaan waar die mark gehou gaan word loer die ondergaande son, gekoester in die malse kleure van die oranje en goudgeel getinte horison, skalks deur die

Bosveldkole

Met `n passie vir die natuur kan jy nie anders as om `n heerlike braai te hou nie en dit dan nog daar doer in die bos weg van die huise. Leeupoort Vakansiedorp se klimaat leen hom daartoe om te braai en maak nie saak waar en hoe laat nie. Die braaiplek in die bos op Leeupoort Vakansiedorp is spesiaal ingerig vir die ouens wat buite die huis wil ontspan. Die braaiplek is tussen die tambotiebome ingerig en `n mens moet net nie van daardie bome se takke op die vuur goei nie want dan kry jy `n ernstige omgekrapte maag.