Monthly Archives: Dec 2019

Troupand

TROUPAND – Veelkleurige voëls met ‘n stewige snawel. Hulle jag van uitkykposte soos boomtoppe of oop takke en is veral lief om op drade langs oop pad-reserwes te sit vanwaar hulle insekte vang deur af te duik grond toe of hulle vang prooi in die lug. Hulle duik veral in ‘n tuimel beweging vandaar die engelse benaming ” roller”. Geslagte lyk eenders. Hulle is alleen broeiers en albei ouers broei en voer die kleintjies.

EK IS… Is Altyd Daar

EK IS …IS ALTYD DAAR – Het jy al ooit ‘n krisis beleef wat jou laat vra het: “Waar is God? As Hy ‘n God van liefde is, hoekom het Hy dit toegelaat?” Die waarheid is egter dat Hy altyd dáár is. Lees Jesaja 55- 8-9.

In ‘n onderhoud met voormalige Springbokkaptein, Joost van der Westhuizen voor sy dood, het sy ou spanmaat, Kobus Wiese hom gevra wat hom positief hou ten spyte van sy liggaam wat daagliks