Monthly Archives: Mar 2020

Konsertina-fees Uitgestel

KONSERTINA-FEES UITGESTEL – Hierdie fees wat beplan was vir 3 tot 5 April 2020 word ook onbepaald uitgestel omdat die Covid-19 virus tot `n nasionale ramp verklaar is. Byeenkomste van 100 of meer mense is as onwettig verklaar en daar sou veel meer as 100 mense die fees bywoon.

Die musikante wat hulle al begin voorberei het hou hul talente solank op die ys. Die konsertina is seker die gewildste instrument in

Bruin Hiëna

BRUIN HIëNA – Inwoners het al hierdie sku dier op Leeupoort Vakansiedorp gesien. Stappers het al spore van hierdie seldsame dier op Leeupoort in die veld gekry terwyl hulle stap. Hulle loop hoofsaaklik snags rond om te aas vir dooie diere maar leef hoofsaaklik van insekte, voëleiers en wilde vrugte. Hulle woon gewoonlik in digte bos en vlakvark gate en hulle kleur maak hulle onopsigtelik in die bos. Die wyfie is dragtig vir slegs 3 maande en gee geboorte aan 1 tot 4 kleintjies en hulle drink aan haar vir tot 18 maande. Die wyfie laat ander kleintjies ook toe om

Konsertina-Fees Jaag Vir Die Rekord

KONSERTINA-FEES JAAG VIR REKORD – Vanjaar word ‘n unieke Konsertina-fees van 3 tot 5 April 2020 op Leeupoort Vakansiedorp aangebied! Verskeie bekende orkeste gaan optree met Boet (Dimpel) Pretorius wat die feesrede gaan lewer. Tydens die fees gaan daar gepoog word om ‘n 30 jaar oue rekord van 41 konsertina-spelers wat gelyktydig optree, te verbeter.

Kos en ander stalletjies gaan bydra tot die feestelike atmosfeer, terwyl woonwa staanplekke gratis beskikbaar gestel word.