Monthly Archives: Augustus 2020

Jukskei op sy Beste

JUKSKEI OP SY BESTE- In die dae toe die eerste Setlaars Suid Afrika ingetrek het, was die setlaars opsoek na intellektuele en fisieke tydverdryf. Die transportryers het begin om met die  jukke,  ‘n deel is van die sleepmeganisme waarmee die osse die ossewaens getrek het, na `n voorwerp te gooi en punte toe teken. Die sport het later ontwikkel tot waar dit soos tans gespeel word.

Leeupoort: Ifafa 732

Naam van Eenheid: Ifafa 732 Akkommodasie

Dis `n belewenis om Leeupoort te besoek; tuis te gaan in hierdie netjiese en gerieflike 3 slaapkamer chalet, een slaapkamer ensute, in `n wildreservaat met ‘n unieke atmosfeer. Die wild loop tussen die huise rond, die voëls maak jou soggens wakker en jy kan ontspan onder die bome.

Dit is ‘n veilige omgewing en jy kan met ‘n geruste hart hierdie wonderlike natuur ervaar saam met jou kinders en familie.

Accommodation: Partridge 486

PARTRIDGE 486 – Dit is die ondervinding van `n leeftyd om die stilte en rustigheid van hierdie chalet te ervaar. Drie slaapkamers met 2 badkamers op leeupoort waar die wild en voëls vir jou kom kuier by die braaiplek agter die eenheid. Kom en ondervind die besondere gevoel waarna jy beslis terug sal verlang en waarna jy gewis sal terugkeer. Die buitengewone mak wild is `n kenmerk van hierdie wildreservaat.

Selfs die gebande muishondjies kom kuier vir jou tot binne die kombuis.