Eland

Beplan nou vir jou Vakansie

BEPLAN NOU VIR JOU VAKANSIE – Om ingehok te wees gee mens geleentheid om positief te wees en heerlik te beplan aan jou vakansie in die bosveld. Dink aan die oop ruimtes waar jy lekker heerlik rond stap met die wandelpaaie of as jy dit nog makliker wil maak ry sommer deur die reservaat waar jy na die groot verskeidenheid bome, grasse, voëls en wildsbokke kan kyk.

Dink net hoe lekker jy daar diep in die bos by die braaiplek in die rustigheid van die natuur lekker gaan braai tussen die groot tambotiebome. Sien in jou geestesoog die elande en koedoes wat sommer hier naby jou verby stap en hulle hul nie steur aan die mense wat vir hulle kyk nie.

Dink ook daaraan waar jy agter die huis op Leeupoort Vakansiedorp die aand by die braaiplek die sekelboshout pak om vir die aand voor te berei vir `n aangename bosveld braai. Jy hoor die stilte en terwyl die son sak hoor jy die fisante wat vir mekaar skree om seker te maak of hulle almal al in die bome is.

Die njalas en zebras kom rustig daar aangestap om te kom kyk of hulle nie iets lekkers kan kry nie. Die diere is baie mak en party kom tot so `n meter of twee van jou af maar `n mens moet versigtig wees dat hulle jou nie seermaak met hul horings nie en die zebras kan gevaarlik skop.