LEEUPOORT – 13 Senior en 4 junior boereorkeste gaan vanjaar by die Boeremusiek-fees optree. Vrydagaand skop dit af met die eerste orkeste wat optree. Saterdag die heel dag deur speel die orkeste en Sondagoggend vind die erediens plaas. Een van die boereorkeste sal die musiek met die erediens waarneem.
Elke jaar was die aanbiedings uitstekend en vanjaar sal dit nog beter en lekkerder wees. Saterdag, die heel dag kan daar gedans word terwyl die orkeste optree. Behalwe vir die dans, is daar ook `n groot aantal stalletjies met eetware en ander items wat verkoop word. Daar sal ook vermaak vir die kinders wees.
Die fees is by die groot swembad waar die kinders in kan swem en baljaar. Die eerste Boeremusiek-monumet in Suid Afrika is op Leeupoort opgerig deur die Boeremusiekgilde van Leeupoort. Dit is by die terrein waar die fees gehou word.
Besoekers kan ook op wildritte gaan. Die wildsbokke is baie mak en die ouens met die kameras kan na hartelus fotos neem. Vir enige verdere navrae en besprekings, skakel Reina 082 490 7692.
Related News / Verwante Nuus:
BOEREMUSIEKFEESTE - Ses en twintig orkeste het die...
KONSERTINA-FEES UITGESTEL - Hierdie fees wat bepla...
BOEREMUSIEKGILDEFEES - Tien jaar gelede het die Bo...
BOEREMUSIEKGILDEFEES - Die jaarlikse fees vind vol...
KONSERTINAFEES - Die wereldrekord is nagejaag en P...