BOOMKYK – Daar is min plekke in ons land waar daar so `n groot verskeidenheid bome op een plek groei as in Leeupoort. Vir die publiek wat geïnteresseerd is in ‘n variasie inheemse bome, is dit die ideale geleentheid om kyk of hulle die onderskeie bome kan uitken.
By Ifafa 732 op Leeupoort, het Philip du Plessis en sy mede Dendrologiese Vereniging-span nie minder as een en twintig (21) verskillende bome gemerk. Ons was heel verbaas daaroor want ons het nooit kon dink dat ons so `n groot
verskeidenheid bome in een erf het nie. Om hier op Leeupoort te kom kuier, die wildritte te beleef en die bos te verken, is net eenvoudig ‘n wonderlike ervaring.
Ons gaan ook artikels deur Philip plaas met beskrywings van die bome wat hulle gemerk het. Let asseblief daarop dat daar `n paar uitsonderlike bome op Leeupoort is wat rekords is.
Nou moet ons nog net daardie berigte saam met `n kaart van Leeupoort plaas sodat die publiek self daardie bome kan gaan opsoek. Ek en my vrou het afgetree en nooit so intens belang gestel in bome nie, maar nadat ons die bome by Ifafa 732 laat merk het, het die gogga ons ook gebyt en nou sien ons `n boom in `n heel ander lig.
Het u al mooi opgelet na die interessante vorms, stamme, sade en diere, voëls en insekte wat in bome leef. Elke boom het sy eie storie, en as u ooit gedink het dat voëlkyk interessant is, wag tot u begin “boomkyk” en daarmee saam al die diere, voëls en insekte wat van daardie boom afhanklik is. Glo my, BOOMKYK is lekker en jy GENIET DIE WILDRITTE OOK.
Boomkyk groete, Christo