Bosveld Zebras

NATUURRESERVAAT – Die zebras op Leeupoort is die gewone zebras. Die kwagga is `n sub-spesie van die gewone zebra. Die hings maak vir hom `n harem van merries bymekaar. Die eerste merrie is die alpha merrie en die nuutste merrie staan die laaste in die ry. Die reun verdryf die ander reuns sodat hy die merries net vir homself het. So `n harem kan vir jare stabiel bly. Wanner `n zebra op sy gemak is staan sy ore regop. Wanneer gespanne staan sy ore vorentoe en wanneer hy kwaad is wys sy ore agtertoe.

Sodra hy gespanne gee hy `n snork en wanneer hy `n indringer sien of ruik gee hy `n blaf. In die week wanneer dit stiller is raak die wild nog meer kalm en kan `n mens hulle makliker dophou om te sien wat hulle maniere is en kan jy ook baie mooi kortafstand fotos neem.

Die merrie vul elke 12 maande en die vulletjie suip vir so `n jaar. Sodra die merrie `n nuwe vulletjie kry verdwyn die gehegtheid van die merrie en haar groter vul en hy verlaat dan die trop en sluit aan by ander reun vullens. Groepies van jong reuns loop saam, met een as `n leier, totdat van hulle begin wegbreek om hul eie harems te stig. Die herems kom ook bymekaar om `n trop te stig maar die harems bly voorbestaan binne die trop.

Die merrie en die vulletjie roskam mekaar gereeld om te bond en so doen die hele groep dit onder mekaar. Dit is een rede waarom `n troppie of harem so `n hegte band het en bymekaar bly.