BRANDSTOF VERDAMP – Sodra jy besluit om weg te breek vir `n paar dae is jou eerste item op die begroting die brandstof wat jy sal verbruik.
Leeupoort Vakansiedorp is slegs 150 km vanaf Pretoria, daar is nie berge wat die brandstof verbruik kan verhoog nie.
Neem die volgende in gedagte:
1 Hou banddruk op voorgeskrewe druk.
2 Hou vensters toe
3 Gebruik lugreeling slegs wanneer dringend nodig
4 Verwyder enige iets aan voertuig wat windweerstand kan veroorsaak
5 Vermy hoë snelhede – beplan ritte sodat dit nie nodig is om te jaag nie.
6 Vermy versnellings van stopstraat na stopstraat
7 Versien voertuig gereeld
8 Moenie voertuig oorlaai nie
9 Beperk ritte. Maak lys van items wat gekoop moet word en gaan koop op `n bepaalde dag.
10 Wanneer voertuig vervang moet word neem brandstofverbruik in gedagte.
11 Gooi brandstof vroeg oggend in wanneer brandstof nog koud is.
12 Vulstasiepomp het drie fases – gooi brandstof in teen die laagste fase want dit verminder verdamping
13 Maak tenk vol wanneer nog halfvol is want dit verminder verdamping
14 Moenie voertuig vul terwyl `n afleweringswa die tenks volmaak nie want dit roer die brandstof in die
ondergrondse tenk waar daar vuiligheid kan wees.
15 Wanneer enigsins moontlik stap liewers.