Category Archives: Accommodation

Leeupoort: Erika 44

Naam van Eenheid: Erika 44A

Hierdie netjiese goed ingerigte 4-slaapkamer selfhelp chalet bied jou die gemak waarvan vakansiegangers droom om behoorlik te kan ontspan in die Bosveld en natuur.

Met die skoon bosveld-lug is dit `n ervaring om saans sterre te kyk en die satelliete te sien verby gly oor die horison. `n Heerlike braaiplek waar jy saans kan ontspan en lekker kuier is beskikbaar.

Leeupoort: Dahlia 817

Naam van Eenheid: Dahlia 817

‘n Paradys geleë binne ‘n natuurreservaat op Leeupoort waar die diere vrylik tussen die eenhede wei. Wildkykers kan vanuit hul voertuie of per voet tussen die huise asook in die reservaat hul gaan verlustig wat op Leeupoort aangaan.

Hierdie 3-slaapkamer chalet bied volle selfsorg fasiliteite sodat jy heerlik, gemaklik en gerieflik jou eie ding kan doen waarvoor jy lus voel. Die kinders baljaar so lekker buite dat hulle nie vir ete in die chalet wil kom nie.

Accommodation: Disa Str 345

Naam van Eenheid: Disa Str 345 (Hornbill House)

Kom ervaar die Bosveld met sy bekoorlike wilde bos en wilde diere en voëls in hierdie pragtige wooneenheid wat mooi inpas by die omgewing. Pak jou tasse vir Leeupoort vakansie dorp binne `n natuurreservaat en binne `n pragtige betowerende bosveld omgewing slegs `n uur en `n half noord van Pretoria.

Hierdie bosveld is `n voetslaner en voëlkykers se paradys en waar jy bly in `n ten volle toegeruste

Karee Str 23B

Naam van Eenheidt: Karee B

Smag jy na `n rustige wegbreekervaring om te gaan ontlaai na al die frustasies van die lewe. Slegs 150 km vanaf Pretoria kry jy die ideale uitspanplekkie toegerus vir 6 persone. Hier praat die natuur op `n unieke manier met jou hier in die boomryke bosveld met sy ryk wild- en voëllewe. Kom geniet die zebras wat `n stukkie brood uit jou hand kom eet. Wees net versigtig dat hulle jou net nie skop nie. Wees ook net versigtig vir die vlakvarke wat astrant kan raak wanneer die