Category Archives: Nature Reserve

Leeupoort: Gaan Ondergronds

Om ondergronds te gaan en daar vir dag en nag te bly en daarby blind is nie vir enige ou bedoel nie.
Die erdwurm leef slegs ondergronds, het nie oë nie en vreet sy pad oop. Wanneer hy by harde grond kom vreet hy sy pad deur die klam grond oop. Hulle vreet slegs snags maar wel deur die hele nag want hulle hele lyf is pens.
Leeupoort se tuine is ideale teelaarde vir erdwurms want dit is heerlike warm weer waar hulle vinnig kan aanteel. Hulle is tweeslagtig.
Met die aanhoudende vreet snags vreet hulle

enige ding soos blare van groente en vrugte, ander blare, afval kos, wildsbok mis tot koerante wat klam gemaak is. Die erdwurm maak die grond los waar hy kruip want hy soek kos onder die grond met die gevolg dat daar baie uitwerpsel is wat goeie kompos vir plante is om mooi te kan groei. Die woel onder die grond gee die grond lug soos wanneer iemand in die tuin spit. Dit is soos om in die tuin te spit om die grond lost e maak, lug te gee en kompos te gee.
Die vissermanne maak hulle eie komposkaste en beskerm die pote van die kas deur dit in water of olie te laat staan sodat die miere nie die erdwurms kan aanval nie.
Die erdwurm is dus waardevol want dis voordelig vir die tuin en ook `n uitstekende visaas.

( Photo by Scotto Bear from North Beach, MD, USA )

Leeupoort: Gaan na die Mier, Luiaard

Gaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en leer by hom. Hy het nie n leier nie, nie n opsigter of n regeerder nie, tog maak hy sy kosvoorraad reg in die somer, versamel hy sy voedsel in die oestyd. Spreuke 6:6-8

Salomo se advies aan die luiaard is om na die miere te gaan kyk wat by sy huis besig is. Hulle is hard aan die werk. Een is besig om ‘n saadjie saam te sleep en ander dra materiaal aan vir hul nes. Dit is ‘n groot bedrywigheid om die miernes.

 

Die luiaard moet maar goed kyk en ‘n les by die miere leer. Dit gaan egter nie net om die werklus van die miere nie, maar dit gaan ook oor die tydstip waarop hulle hul kragte aanwend. Dit is in die somer, as die oes op die land is. Juis dan is die miere besig om hul kos te versamel. Dalk is daar later niks meer op die land te kry nie, daarom werk hulle nou so hard. Op hierdie manier sal daar volop wees om in die winter te eet.

So sorg die miere vir die hul toekoms, vir hulle lewensonderhoud. Buitendien word die klein miere in die winter gebore en hulle moet ook iets te ete kry. So sorg die een generasie vir die ander.

Die luiaard moet ook maar goed kyk hoe die miere werk. Daar is nie ‘n leier, opsigter of regeerder nie. Nie een van die miere word gedwing om te werk nie. Elkeen doen dit vrywillig. Daar is nie ‘n baas wat bevele gee nie en daar word nie gestaak nie.

Nog n bietjie slaap, nog n bietjie sluimer, nog n bietjie handevou en bly le en daar oorval die armoede jou soos n rower, daar oorrompel die gebrek jou soos n inbreker (vers 10,11). By die miere is dit nie so nie. Die armoede van luiaards is hul eie skuld. Hul luiheid het hul ondergang gebring.

Gebed: Here, dikwels sien ons ons werk as ‘n sware las en hoop dat ons werk en voorsorg vanself sal regkom. Leer ons om soos die miere vrywillig te werk en op die beste manier vir ons geliefdes te sorg. Amen. (Danny Fourie)

Leeupoort: Wysheid in die Wolke

Aangeleerde gedrag kan mens so effens begryp, maar die instinkding is en bly `n enigma, `n raaisel,`n knoop wat niemand nog kon losmaak nie. 

In `n eksperiment is daar `n paar geslagte lank verskeie vinkspesies ( noen hulle maar wewers) in hokke geteel sonder dat daar geskikte material, soos grashalms, vir hulle gegee is om hul neste mee te bou.   Ander “geskikte” neste is deur die voëls gebruik om in te broei. Na vele geslagte is daar toe weer vir die nageslag geleentheid gegee om op hulle besonderse

 

wyse hulle neste te bou, of kom ons së maar te weef. Sonder dat hulle ooit sulke neste of vakmanskap gesien het, het die nuwe geslag onmiddelik vinkneste begin bou, so goed en met dieselfde argitektuur en variasies wat eie is aan hulle besondere spesie. Leeupoort kan getuig van die ywerige vinke wat hierdie natuurreservaat versier.

( Uittreksel met vergunning van bospatrys.co.za geskryf deur Chris Conradie )

Leeupoort: Springboontjie

Veral in die somer spring hierdie boontjie wat op die grond geval het onder die bome rond wat te eienaardig is    

Die insekte, `n wurm, kruip in die vrug en later binne in die pit en dit is dan dat die vrug van die boom afval met die wurm daarbinne. Sodra die wurm warm kry wil hy uitklim en dit is wanneer dit lyk of die pit spring.

Die tambotieboom is een van die bome wat baie eienskappe het. Hierdie boom is beskermd en mag nie

 

ge-oes word nie. Slegs met `n permit van Natuurbewaring mag jy droeë hout verwyder uit die veld. Die hout is baie hard, lig van kleur met donker vlekke en pragtige meubels kan daarvan gemaak word. Die melksap is giftig en wanneer jy met daardie hout vuurmaak om te braai het jy beslis `n ombekrapte maag wat jou baie siek maak. Die wild op Leeupoort is baie keer tesiene by die tambotiesbome waar hulle die blare vreet.  

Een van die drie grootste gemete spesies in die land kan besigtig word op Leeupoort Vakansiedorp by die piekniekplek waar oorblyfsels van `n ou ossewa ook te siene is.

Leeupoort: Broeigedrag van Voëls

Alfa broeigedrag kom voor by groep- of familievoëls waar daar een broeipaar is (alfa mannetjie en wyfie vermoedelik die oudste wyfie.)

By sommige groepe broei slegs die wyfie terwyl die res van die familie verantwoordelik is vir die aandra van kos en later die versorging van die kuikens nadat dit uitgebroei is. Dit is komies om te sien as daar `n jongeling tussen die groep  is hoe hy/sy met oorgawe sy vlerkies fladder en kla en die hele groep dra kos aan. Hulle kom in groepe van 5  tot 10 voor. Meeste van die groepe bestaan uit voëls wat familie van mekaar is, dit sluit dus die vorige jare se broeisel in. Hierdie groepe is gedurig met mekaar in verbinding deurdat hulle onophoudelik met mekaar kommunikeer met tipiese geluide.

 

Die Langstertlaksmanne, van onder andere Leeupoort, kom in klein swerms van tussen 5 en 10  voëls in die bosveld voor waar hulle opsigtelik op die top van `n sytak of boom sit en ook langs die paaie op drade en pale. Hulle is insekvreters en ons almal ken hulle kenmerkende roep wat soos “tilodi” klink. Vandaar ook sy Tswana naam.Hier funksioneer `n alfa mannetjie en wyfie. Die mannetjie en helpers dra kos aan vir die wyfie terwyl sy op die nes sit en roep vir kos soos `n klein voëltjie.

( Geplaas met vergunning van Die Bospatrys – Nuusblad van Leeupoort en omgewing ( www.bospatrys.co.za )