DIE WAAKSAME KWêVOëL– Die kwêvoël sit gewoonlik hoog in die toppe van die doringbome en waarsku enige gevaar vir wildsbokke en ander voëls. Vir baie jagters is hulle `n frustrasie. Wanneer die jagter in die veld loop om `n bok te soek om te jag sal die kwêvoël van boom tot boom vlieg tot waar hy sien dat jy `n wildsbok nader en dan uiter hy sy luid “kwê” waarskuwing met die gevolg dat die wild vlug.
Die kwêvoëls van Leeupoort Vakansiedorp is baie mak en hulle kuier gereeld tussen die huise rond.
Jy sal altyd hoor wanneer hulle in die omgewing is. Die “kwê” geluide wat hulle gewoonlik op Leeupoort maak is nie so hard en waarskuwend nie en die wild en ander voëls vlug gevolglik nie.
The Grey Go-away-bird, also known as Grey Lourie, Grey Loerie, or Kwêvoël, is a southern African bird of uniform grey with black beak and strikingly pink gape. It is widespread in savanna woodland, a clumsy flier though extremely agile in clambering through tree crowns. It has a distinctive loud alarm call “quare”, fancifully sounding like “Go-away”. The crest is raised when excited.
Its diet is mainly fruit, like wild figs and berries, flowers, buds, leaves, termites, and snails. The habitat it occupies is dry open savanna woodlands, farms, parks, and suburban gardens, often near water.