Accommodation: Partridge 486

PARTRIDGE 486 – Dit is die ondervinding van `n leeftyd om die stilte en rustigheid van hierdie chalet te ervaar. Drie slaapkamers met 2 badkamers op leeupoort waar die wild en voëls vir jou kom kuier by die braaiplek agter die eenheid. Kom en ondervind die besondere gevoel waarna jy beslis terug sal verlang en waarna jy gewis sal terugkeer. Die buitengewone mak wild is `n kenmerk van hierdie wildreservaat.

Selfs die gebande muishondjies kom kuier vir jou tot binne die kombuis. Verder moet jy oppas of die vlakvarke kom by die sitkamer ingestap op iets om te eet- wees net versigtig dat hulle jou nie kap met daardie gevaarlike tande nie.

Bring gerus fietse saam want die kinders rits rond en die grootmense wat fiks is, ry deur die reservaat op hul eie. Kom geniet die natuurprag en vars bosveld lug van hierdie gerieflike huis. Hierdie chalet is die ideale plek vir `n rustige potjie by die privaat braai waar jy kopstukke gesels van die dag se groot aantal wildsbokke en voëls wat julle waargeneem het. Maak gerus aantekeninge en jy sal verbaas wees van hoeveel diere en voëls julle gesien het.

PARTRIDGE 486 – Real country side fully equipped 3 bedroom house in Leeupoort Holiday Town inside a nature reserve. Spot the abundant bird life to be seen in the nature reserve. You will enjoy the hornbills and kingfisher around the accommodation units, as well as the game roaming around the chalets.

Take a walk through the nature reserve and you will spot a large variety of trees and shrubs, the unspoilt beauty for you and your family to enjoy. Enjoy nature and the fresh Bushveld air from this convenient house with a thatched braai (barbecue) area. Take pleasure in the experience of a lifetime. Come and enjoy the tranquillity of this nature reserve in the bush.

FASILITEITE | FACILITIES

BESKRYWING | DESCRIPTION HOEV | QTY
Slaapkamers | Bedrooms 4
Badkamers | Bathrooms 2
Kombuis | Kitchen 1
Eetplek | Dining Area 1
Sitkamer | Lounge 1
Dubbelbeddens | Double Beds 3
Enkelbeddens | Single Beds 2
Ys-Vrieskas | Fridge 1
Vrieskas | Freezer 1
Stoof | Stove 1
Mikrogolf | Microwave 1
Lugreëling | Air Conditioner Ja | Yes
Waaiers | Fan Ja | Yes
Braaiplek | Barbeque Area Ja | Yes
Splash Pool | Jacuzzi Nee | No
Handdoeke | Towels Nee | No
Lakens | Linen Nee | No
Duvets | Duvets Ja | Yes
Komberse | Blankets Ja | Yes
Kussings | Pillows Ja | Yes
Bad | Bath Ja | Yes
Stort | Shower Ja | Yes
TV | TV (Aanskakeling R35 p/d) Ja | Yes
DSTV | DSTV (Bring own decoder) Ja | Yes